HANDELINGE 21:1-16
HANDELINGE 21:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat ons swaar van hulle afskeid geneem het, het ons aan boord gegaan. Ons het reguit koers gehou en by die eiland Kos aangekom. Die volgende dag het ons Rodos bereik en daarvandaan by Patara aangekom. Daar het ons 'n skip gekry wat na Fenisië toe sou vaar, en ons het aan boord gegaan en weggevaar. Ons het Siprus in sig gekry en is aan die suidekant daarvan verby Sirië toe. In Tirus, waar die skip sy vrag moes aflaai, het ons afgeklim. Ons het die gelowiges daar opgesoek en sewe dae by hulle gebly. Deur die Gees gelei, het hulle vir Paulus gesê om nie Jerusalem toe te gaan nie. Maar toe die sewe dae verby was, het ons verder gereis, en hulle is almal met hulle vrouens en kinders saam met ons tot buitekant die stad. Ons het op die strand gekniel en gebid en van mekaar afskeid geneem. Daarna het ons aan boord gegaan, en hulle het omgedraai huis toe. Van Tirus af het ons die seereis voortgesit na Ptolemaïs toe. Daar het ons die gelowiges gegroet en 'n dag by hulle gebly. Die volgende dag het ons vertrek en in Sesarea aangekom. Ons het die evangelis Filippus, een van die sewe , opgesoek en by hom tuis gegaan. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat die gawe besit het om te profeteer. Nadat ons reeds 'n hele paar dae daar was, het daar 'n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” Toe ons dit hoor, het ons en die mense daar vir Paulus gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie. Toe antwoord Paulus: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.” Toe ons hom nie kon oorreed nie, het ons daarin berus en gesê: “Laat die wil van die Here geskied.” Na 'n paar dae het ons ons voorbereidings afgehandel en na Jerusalem toe vertrek. Party van die gelowiges het van Sesarea af saam met ons gegaan. Hulle het ons by Mnason gebring, wat oorspronklik van Siprus afkomstig was en wat van vroeg af reeds 'n gelowige was. By hom sou ons tuis gaan.
HANDELINGE 21:1-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat ons ons van hulle weggeskeur het, het ons weggevaar, reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag na Rodos gevaar, en daarvandaan na Patara. Daar het ons 'n skip gevind wat na Fenisië sou oorvaar, aan boord gegaan en weggevaar. Ons het binne sig van Ciprus gekom, maar dit aan ons linkerkant gelaat in ons verbyvaart na Sirië, en by Tirus aan wal gegaan, omdat die skip se vrag daar afgelaai sou word. Ons het die dissipels opgesoek en sewe dae lank by hulle gebly. Hulle het onder leiding van die Gees vir Paulus gesê om nie na Jerusalem te gaan nie. Nadat ons die tyd daar deurgebring het, het ons vertrek en verder gereis. Almal, ook hulle vroue en kinders, het ons tot buitekant die stad begelei. Ons het op die strand gekniel en gebid. Nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord van die skip gegaan, terwyl hulle na hulle huise teruggekeer het. Ons het ons reis van Tirus beëindig met ons aankoms by Ptolemaïs. Daar het ons die broers gaan groet en 'n dag lank by hulle oorgebly. Die volgende dag het ons vertrek en in Caesarea aangekom. Ons het na die huis gegaan van die evangelis Filippus, een van die sewe, en by hom tuisgegaan. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat oor die gawe van profesie beskik het. Terwyl ons 'n hele paar dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam Agabus uit Judea daar aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, en sy eie voete en hande daarmee vasgebind, en gesê: “So sê die Heilige Gees, ‘Op hierdie manier sal die Jode in Jerusalem die man aan wie hierdie gordel behoort, vasbind en in die hande van nie-Jode oorgee.’ ” Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike mense Paulus gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie. Daarop het Paulus geantwoord: “Wat probeer julle bereik deur te huil en my hart te breek? Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus. ” Omdat hy hom nie laat oorreed het nie, het ons geswyg en net gesê: “Laat die wil van die Here geskied.” Ná hierdie dae het ons gereedgemaak en na Jerusalem opgegaan. Van die dissipels uit Caesarea het saam met ons gegaan. Hulle het ons geneem na Mnason, 'n man uit Ciprus, en lank reeds 'n dissipel, by wie ons sou tuisgaan.
HANDELINGE 21:1-16 Bybel vir almal (ABA)
Paulus en ons het totsiens gesê vir die ouderlinge van die stad Efese, en toe het ons weggeseil met die skip. Ons het reguit geseil tot by die eiland Kos. Die volgende dag het ons tot by die eiland Rodos geseil en toe tot by die stad Patara. In Patara het ons 'n skip gekry wat na die land Fenisië sou seil. Ons het op die skip geklim en weggeseil. Ons het verder geseil en ons kon die eiland Siprus sien. Ons het nog verder geseil en ons het regs verby Siprus geseil tot by Sirië. Ons het by die stad Tirus afgeklim, want die mense moes daar die goed aflaai wat op die skip was. Ons het die gelowiges in Tirus gaan soek en ons het sewe dae lank by hulle gebly. Hulle het vir Paulus gesê die Heilige Gees het gesê hy moenie na Jerusalem gaan nie. Toe die sewe dae verby was, het ons uit die stad gegaan om verder te gaan. Al die gelowiges, ook hulle vrouens en kinders, het saam met ons uit die stad gegaan. Ons het op die strand gekniel en gebid. Toe het ons mekaar gegroet en ons het op die skip geklim. Die gelowiges het teruggegaan huis toe. Ons het van Tirus verder met die skip geseil en ons het by die stad Ptolemaïs gekom. Ons het die gelowiges daar gegroet en ons het een dag lank by hulle gebly. Die volgende dag het ons verder gegaan en ons het by die stad Sesarea gekom. Daar het ons na die huis van Filippus gegaan en ons het by hom gebly. Hy was een van sewe leiers wat die goeie boodskap van God in Sesarea gebring het. Filippus het vier dogters gehad, hulle was nog nie getroud nie. Die vier dogters was profete. Ons het 'n lang tyd daar gebly. Terwyl ons daar was, het 'n profeet van Judea daar aangekom. Sy naam was Agabus. Agabus het na ons toe gekom en hy het Paulus se belt gevat. Agabus het sy eie hande en voete met die belt vasgebind en gesê: “Die Heilige Gees sê die Jode in Jerusalem sal die man wat altyd hierdie belt dra, só vasbind. En hulle sal hom dan vir die heidene gee.” Toe ons hoor wat Agabus sê, het ons en die gelowiges wat daar woon, vir Paulus ernstig gevra om nie na Jerusalem te gaan nie. Toe sê Paulus: “Wat doen julle nou? Julle huil en julle maak my hartseer! Ek is gereed om te gaan. Die mense kan my vang in Jerusalem, dit maak nie saak nie. Ja, ek is ook gereed om in Jerusalem te sterf vir die Naam van die Here Jesus.” Paulus wou nie luister na wat ons vir hom sê nie, en daarom het ons stilgebly. Ons het net gesê: “Ons bid dat die Here sal doen wat Hy wil doen.” Nadat hierdie tyd verby was, het ons gereedgemaak om na Jerusalem te gaan. Party van die gelowiges van Sesarea het saam met ons gegaan. Hulle het ons in Jerusalem gebring na die huis van Mnason. Mnason het voorheen op die eiland Siprus gewoon en hy het lank gelede 'n gelowige geword. Ons het by hom in Jerusalem gebly.
HANDELINGE 21:1-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara. En ons het 'n skip gevind wat na Fenícië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar. En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na Sírië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai. En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie. Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid. En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe. Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly. En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly. En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het. En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom. En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie. Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus. Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied! En ná hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan. En sommige van die dissipels van Cesaréa het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.
HANDELINGE 21:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat ons swaar van hulle afskeid geneem het, het ons aan boord gegaan. Ons het reguit koers gehou en by die eiland Kos aangekom. Die volgende dag het ons Rodos bereik en daarvandaan by Patara aangekom. Daar het ons 'n skip gekry wat na Fenisië toe sou vaar, en ons het aan boord gegaan en weggevaar. Ons het Siprus in sig gekry en is aan die suidekant daarvan verby Sirië toe. In Tirus, waar die skip sy vrag moes aflaai, het ons afgeklim. Ons het die gelowiges daar opgesoek en sewe dae by hulle gebly. Deur die Gees gelei, het hulle vir Paulus gesê om nie Jerusalem toe te gaan nie. Maar toe die sewe dae verby was, het ons verder gereis, en hulle is almal met hulle vrouens en kinders saam met ons tot buitekant die stad. Ons het op die strand gekniel en gebid en van mekaar afskeid geneem. Daarna het ons aan boord gegaan, en hulle het omgedraai huis toe. Van Tirus af het ons die seereis voortgesit na Ptolemaïs toe. Daar het ons die gelowiges gegroet en 'n dag by hulle gebly. Die volgende dag het ons vertrek en in Sesarea aangekom. Ons het die evangelis Filippus, een van die sewe , opgesoek en by hom tuis gegaan. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat die gawe besit het om te profeteer. Nadat ons reeds 'n hele paar dae daar was, het daar 'n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” Toe ons dit hoor, het ons en die mense daar vir Paulus gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie. Toe antwoord Paulus: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.” Toe ons hom nie kon oorreed nie, het ons daarin berus en gesê: “Laat die wil van die Here geskied.” Na 'n paar dae het ons ons voorbereidings afgehandel en na Jerusalem toe vertrek. Party van die gelowiges het van Sesarea af saam met ons gegaan. Hulle het ons by Mnason gebring, wat oorspronklik van Siprus afkomstig was en wat van vroeg af reeds 'n gelowige was. By hom sou ons tuis gaan.
HANDELINGE 21:1-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat ons ons van hulle weggeskeur het, het ons weggevaar, reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag na Rodos gevaar, en daarvandaan na Patara. Daar het ons 'n skip gevind wat na Fenisië sou oorvaar, aan boord gegaan en weggevaar. Ons het binne sig van Ciprus gekom, maar dit aan ons linkerkant gelaat in ons verbyvaart na Sirië, en by Tirus aan wal gegaan, omdat die skip se vrag daar afgelaai sou word. Ons het die dissipels opgesoek en sewe dae lank by hulle gebly. Hulle het onder leiding van die Gees vir Paulus gesê om nie na Jerusalem te gaan nie. Nadat ons die tyd daar deurgebring het, het ons vertrek en verder gereis. Almal, ook hulle vroue en kinders, het ons tot buitekant die stad begelei. Ons het op die strand gekniel en gebid. Nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord van die skip gegaan, terwyl hulle na hulle huise teruggekeer het. Ons het ons reis van Tirus beëindig met ons aankoms by Ptolemaïs. Daar het ons die broers gaan groet en 'n dag lank by hulle oorgebly. Die volgende dag het ons vertrek en in Caesarea aangekom. Ons het na die huis gegaan van die evangelis Filippus, een van die sewe, en by hom tuisgegaan. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat oor die gawe van profesie beskik het. Terwyl ons 'n hele paar dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam Agabus uit Judea daar aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, en sy eie voete en hande daarmee vasgebind, en gesê: “So sê die Heilige Gees, ‘Op hierdie manier sal die Jode in Jerusalem die man aan wie hierdie gordel behoort, vasbind en in die hande van nie-Jode oorgee.’ ” Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike mense Paulus gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie. Daarop het Paulus geantwoord: “Wat probeer julle bereik deur te huil en my hart te breek? Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus. ” Omdat hy hom nie laat oorreed het nie, het ons geswyg en net gesê: “Laat die wil van die Here geskied.” Ná hierdie dae het ons gereedgemaak en na Jerusalem opgegaan. Van die dissipels uit Caesarea het saam met ons gegaan. Hulle het ons geneem na Mnason, 'n man uit Ciprus, en lank reeds 'n dissipel, by wie ons sou tuisgaan.
HANDELINGE 21:1-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur dat, nadat ons van hulle af weggeneem is, en ons te water gelaat het, het ons met 'n reguit koers na Coos gekom en die volgende dag na Rhodos en daarvandaan na Patara. En toe ons 'n skip gevind het wat oorvaar na Fenisië, het ons aan boord gegaan en vertrek. En toe ons Ciprus ontdek het, het ons dit aan die linkerkant gelaat en Sirië binnegevaar en by Tirus geland, want daar moes die skip haar las los. En toe ons dissipels gevind het, het ons sewe dae lank daar gebly, wat deur die Gees vir Paulus gesê het dat hy nie na Jerusalem moes optrek nie. En toe ons daardie dae voleindig het, het ons vertrek en weggegaan; en hulle het ons almal saam met vroue en kinders op pad gebring totdat ons uit die stad was; en ons het op die strand neergekniel en gebid. En toe ons van mekaar afskeid geneem het, het ons die skip gevat; en hulle het weer teruggekeer huis toe. En toe ons ons weg van Tirus af voltooi het, het ons by Ptolemais gekom en die broers gegroet en eendag by hulle gebly. En die volgende dag het ons uit die geselskap van Paulus vertrek en in Cesaréa gekom; en ons het in die huis van Filippus, die evangelis, ingegaan, wat een van die sewe was; en by hom gebly. En dieselfde man het vier dogters gehad, maagde, wat geprofeteer het. En terwyl ons baie dae daar gebly het, het daar 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom. En toe hy na ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: So spreek die Heilige Gees: So sal die Jode in Jerusalem die man wat hierdie gordel besit, bind en hom in die hande van die heidene. En toe ons hierdie dinge hoor, het ons sowel as dié van daardie plek Hom gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie. Toe antwoord Paulus: Wat bedoel julle om te ween en my hart te breek? want ek is gereed om nie alleen gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe ter wille van die Naam van die Here Jesus. En toe hy nie wou oortuig nie, het ons opgehou en gesê: Die wil van die Here geskied! En ná daardie dae het ons ons waens opgetel en opgegaan na Jerusalem. Daar het ook sommige van die dissipels van Cesaréa saam met ons gegaan en een Mnason van Ciprus, 'n ou dissipel, saam met hulle gebring, by wie ons sou vernag.
HANDELINGE 21:1-16 Die Boodskap (DB)
Dit was bitter moeilik om van Efese se ouderlinge afskeid te neem. Nadat ons dit gedoen het, het ons tot by die eiland Kos gevaar. Daar het ons die aand oorgeslaap. Die volgende dag het ons tot in Rodos en van daar af na Patara gevaar.Daar aangekom, het ons ’n boot gehaal wat ons tot in Fenisië geneem het. Van daar af is ons na Siprus toe, waar ons oor Sirië tot in Tirus gevaar het. Die skip het daar anker gegooi. Terwyl ons gewag het dat die skip se vrag afgelaai word, het ons besluit om by die gelowiges in die stad te gaan oorbly.Ons het toe sewe dae by hulle deurgebring. Terwyl ons daar in Tirus was, het die Heilige Gees ’n paar gelowiges gelei om vir Paulus te sê om nie Jerusalem toe te gaan nie. Later, toe ons skip reg was om te vertrek, het die hele gemeente ons kom groet. Mans, vroue en kinders, almal was daar. Hulle het saam met ons tot by die hawe gestap. Dit was net buitekant die stad. Daar op die strand het ons almal eers neergekniel en saamgebid.Toe het ons mekaar gegroet en op die skip geklim. Ons het van Tirus af na Ptolemaïs gevaar. Daar het ons die gemeente besoek. Hulle het gereël dat ons sommer ook daar by hulle oorslaap. Die volgende dag het ons na Sesarea vertrek, waar ons ’n ruk lank by Filippus gebly het. Hy is een van die sewe mans wat vroeër daar in die Jerusalemgemeente gehelp het om die armes te versorg.Hy het nou in Sesarea gebly, waar hy die goeie nuus oor Jesus verkondig het. Filippus het vier dogters gehad wat nog nie getroud was nie. God het aan hulle die gawe gegee om as profete op te tree en sy wil aan ander mense bekend te maak. Terwyl ons by Filippus gebly het, het ’n profeet uit Judea met die naam Agabus ook daar aangekom. Daar voor almal kom vat hy Paulus se belt en maak dit om sy hande en voete vas. Toe sê hy: “Luister wat die Heilige Gees vir julle sê: ‘Die man aan wie hierdie belt behoort, gaan op presies dieselfde manier in Jerusalem deur die Jode vasgebind word. Dan gaan hulle hom aan die Romeine uitlewer.’” Toe ons dit hoor, was ons baie omgekrap. Ons het Paulus oor en oor gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie, maar hy wou nie na ons luister nie. “Hoekom probeer julle om my van my plan te laat afsien?” het hy ons gevra. “Netnou oorreed al julle gehuil my om nie meer Jerusalem toe te gaan nie. Kom ek sê reguit vir julle: dis glad nie vir my ’n probleem as ek in Jerusalem in die tronk beland nie. Ek gee nie eens om as hulle my doodmaak ter wille van die Here Jesus nie!” Toe ons besef dat ons Paulus nie kon oorreed om weg te bly uit Jerusalem nie, het ons besluit om nie verder met hom daaroor te praat nie. “Ons bid net dat God se wil in jou lewe sal geskied. Mag al sy planne met jou lewe waar word,” het ons vir hom gesê. ’n Paar dae later het ons Jerusalem toe vertrek. ’n Klompie van die gelowiges in Sesarea het saam met ons soontoe gereis. Langs die pad het ons by ’n gelowige met die naam Mnason oorgebly. Hy was al oud. Hy het ons goed ontvang omdat hy goeie vriende was met die gelowiges in Sesarea wat saam met ons gereis het.
HANDELINGE 21:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nadat ons van die Efese-ouderlinge afskeid geneem het, het ons reguit na die eiland Kos gevaar. Die volgende dag is ons na Rodos en daarvandaan na Patara. Toe het ons ’n skip gekry na Fenisië. Ons het die eiland Siprus in sig gekry en is Sirië toe terwyl ons Siprus aan ons linkerkant verbygevaar het. In Tirus het ons afgeklim, want die skip moes sy vrag daar aflaai. Ons het die gelowiges daar opgesoek en sewe dae gebly. Deur die Gees gedring het hulle vir Paulus gesê om nie Jerusalem toe te gaan nie. Ná ’n week moes ons vertrek en verder reis. Die hele gemeente, vroue en kinders ingesluit, is saam met ons strand toe, buitekant die stad. Daar het ons gekniel en gebid en mekaar gegroet. Ons het toe aan boord gegaan, en hulle is terug huis toe. Ons het van Tirus af die seereis voortgesit na Ptolemaïs. Daar het ons die gelowiges gegroet en ’n dag by hulle gebly. Die volgende dag het ons vertrek en in Sesarea aangekom. Ons het by die evangelis Filippus, een van die sewe, tuisgegaan. Hy het vier ongetroude dogters gehad met die gawe om te profeteer. Ons was reeds ’n hele paar dae daar toe ’n profeet met die naam Agabus van Judea af daar aankom. Toe hy ons kom opsoek, het hy Paulus se belt gevat en sy eie voete en hande daarmee vasgebind. Toe sê hy: “Só sê die Heilige Gees: ‘Die man wie se belt dit is hierdie – die Jode in Jerusalem sal hom net so vasbind en hom in die hande van nie-Jode uitlewer.’” Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike gelowiges Paulus gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie. Sy reaksie was egter: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle huilery? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf.” Toe hy nie tot ander insigte gebring kon word nie, het ons met dié woorde berus: “Laat dan die wil van die Here geskied.” Hierna het ons opgepak en Jerusalem toe vertrek. Party van die gelowiges het van Sesarea af saam met ons gegaan. Hulle het ons na Mnason toe gevat, wat oorspronklik van Siprus afkomstig was, en wat reeds van vroeg af ’n gelowige was. By hom sou ons tuisgaan.