HANDELINGE 2:42-46
HANDELINGE 2:42-46 Die Boodskap (DB)
Van toe af het hierdie nuwe gelowiges gereeld bymekaargekom om te hoor wat die apostels leer. Hulle het nou in ’n splinternuwe verhouding met God en met mekaar gestaan. Hulle het ook gereeld saamgeëet en saamgebid. Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad. Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in ’n hegte eenheid saamgesnoer. Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het alles verkoop wat hulle besit het en die geld vir die armes gegee. Dag na dag het hulle ook na die tempel toe gegaan om God daar te aanbid. Hulle het ook by verskillende huise saamgeëet. Hierdie maaltye was glad nie uitspattig nie. Al die gelowiges was vol vreugde.
HANDELINGE 2:42-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede. Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels het baie wonders en wondertekens laat plaasvind. Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet.
HANDELINGE 2:42-46 Bybel vir almal (ABA)
Die gelowiges het aangehou om die dinge te doen wat die apostels vir hulle geleer het en hulle was altyd saam. Hulle het ook altyd saam geëet en gebid. Toe die ander Jode die wonderwerke en die tekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur. Al die gelowiges was bymekaar, en hulle goed het aan hulle almal behoort. Hulle het hulle grond en huise en goed verkoop en hulle het die geld gegee vir mense wat min gehad het. Hulle het elke dag bymekaargekom in die tempel en hulle het saam geëet in mekaar se huise. Hulle het vir mekaar kos gegee. Hulle het dit gedoen omdat hulle bly was en omdat hulle mekaar graag wou help.
HANDELINGE 2:42-46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet
HANDELINGE 2:42-46 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet
HANDELINGE 2:42-46 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede. Almal is met ontsag vervul en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. Al die gelowiges was bymekaar en het alles gemeenskaplik besit. Hulle het hulle eiendom en besittings verkoop en aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het eensgesind volhard om die tempelterrein daagliks te besoek, aan huis die brood te breek en hulle maaltye met uitbundige blydskap en met opregte harte te geniet.
HANDELINGE 2:42-46 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het volhard in die leer van die apostels en die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede. En vrees het oor elke siel gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels gedoen. En almal wat gelowig was, was saam en het alles gemeen; en hulle besittings en goed verkoop en dit aan almal verdeel, soos elkeen nodig gehad het. En hulle het elke dag eendragtig in die tempel voortgegaan en van huis tot huis brood gebreek en hulle vleis geëet met blydskap en opregtheid van hart