HANDELINGE 2:23-24
HANDELINGE 2:23-24 Die Boodskap (DB)
Hy is ’n rukkie gelede hier in Jerusalem deur ’n spul goddelose mense gevang, presies net soos God dit beplan het. Daarna het julle almal Hom laat doodmaak.Maar God het Hom weer lewendig gemaak. Hy het al die bande van die dood van Jesus afgegooi en Hom lewendig daar laat uitstap.
HANDELINGE 2:23-24 Bybel vir almal (ABA)
God het lank gelede besluit en geweet dat Hy hierdie Man sal gee vir die mense wat nie die wette van God ken nie, sodat hulle met Hom kan doen wat hulle wil. Hierdie mense het vir Jesus geneem en hulle het Hom vir julle gegee, en toe het julle Hom gekruisig en vermoor. Maar God het toe vir Jesus vrygemaak van die pyne van die dood, Hy het vir Jesus weer laat lewe. Want die dood kon nie vir Jesus vashou nie.
HANDELINGE 2:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
HANDELINGE 2:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.
HANDELINGE 2:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het hierdie man, wat deur die vaste plan en voorkennis van God uitgelewer is, deur die hand van wettelose mense gekruisig en doodgemaak. God het Hom egter laat opstaan en van die lyding van die dood bevry, omdat dit onmoontlik was dat Hy deur die dood vasgehou word.
HANDELINGE 2:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hom, verlos deur die besliste raad en voorkennis van God, het julle geneem en deur goddelose hande gekruisig en gedood; wat God opgewek het deurdat Hy die pyne van die dood losgemaak het, omdat dit nie moontlik was dat Hy daaraan vasgehou sou word nie.