HANDELINGE 2:22-24
HANDELINGE 2:22-24 Bybel vir almal (ABA)
“Israeliete, julle moet goed luister na wat ek sê: Julle weet dat God vir Jesus van Nasaret groot dinge en wonderwerke en tekens laat doen het toe Jesus by julle was. So het God gewys dat Hy self vir Jesus gestuur het. God het lank gelede besluit en geweet dat Hy hierdie Man sal gee vir die mense wat nie die wette van God ken nie, sodat hulle met Hom kan doen wat hulle wil. Hierdie mense het vir Jesus geneem en hulle het Hom vir julle gegee, en toe het julle Hom gekruisig en vermoor. Maar God het toe vir Jesus vrygemaak van die pyne van die dood, Hy het vir Jesus weer laat lewe. Want die dood kon nie vir Jesus vashou nie.
HANDELINGE 2:22-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet — Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
HANDELINGE 2:22-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.
HANDELINGE 2:22-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus van Nasaret was 'n man wat deur God aan julle bekend gemaak is deur kragtige dade en die wonders en tekens wat God deur Hom in julle midde verrig het, soos julle self ook weet. Julle het hierdie man, wat deur die vaste plan en voorkennis van God uitgelewer is, deur die hand van wettelose mense gekruisig en doodgemaak. God het Hom egter laat opstaan en van die lyding van die dood bevry, omdat dit onmoontlik was dat Hy deur die dood vasgehou word.
HANDELINGE 2:22-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Manne van Israel, hoor hierdie woorde; Jesus van Nasaret, 'n man wat deur God onder julle goedgekeur is deur wonders en wonders en tekens wat God deur Hom in julle midde gedoen het, soos julle self ook weet: Hom, verlos deur die besliste raad en voorkennis van God, het julle geneem en deur goddelose hande gekruisig en gedood; wat God opgewek het deurdat Hy die pyne van die dood losgemaak het, omdat dit nie moontlik was dat Hy daaraan vasgehou sou word nie.
HANDELINGE 2:22-24 Die Boodskap (DB)
“Vriende, julle moet mooi luister na wat ek nou vir julle wil sê. Jesus van Nasaret is die Man wat deur God aangestel is om groot wonderwerke en tekens onder julle te doen. Hy is ’n rukkie gelede hier in Jerusalem deur ’n spul goddelose mense gevang, presies net soos God dit beplan het. Daarna het julle almal Hom laat doodmaak.Maar God het Hom weer lewendig gemaak. Hy het al die bande van die dood van Jesus afgegooi en Hom lewendig daar laat uitstap.
HANDELINGE 2:22-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Luister na wat ek gaan sê, geagte mede-Israeliete! Soos julle self weet, het God in die openbaar by julle bevestig dat Jesus van Nasaret die Here is. Dit is bevestig deur kragtige dade, wonders en tekens wat God Hom by julle laat doen het. Maar julle het opgetree soos God dit vooruit bepaal het. Met die hulp van nie-Jode het julle Hom aan die kruis gespyker en vermoor. God het Hom egter van die smarte van die dood gered en Hom opgewek, want die dood kon Hom nie in sy greep hou nie.