HANDELINGE 18:4-6
HANDELINGE 18:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke Sabbat het hy in die •sinagoge geredeneer en probeer om Jode sowel as Grieke te oortuig. En toe Silas en Timoteus van Macedonië af daar aangekom het, het Paulus hom op die verkondiging toegespits en teenoor die Jode getuig dat Jesus die Christus is. Maar omdat hulle aangehou het om hom teen te staan en om lasterlike dinge te sê, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle bloed is op julle eie kop – sonder skuld daaraan sal ek van nou af na die heidene gaan.”
HANDELINGE 18:4-6 Die Boodskap (DB)
Paulus het elke sabbat na die sinagoge gegaan. Daar het hy met die Jode, en ook met ’n klompie Grieke wat die Joodse geloof aanvaar het, oor Jesus gaan praat. Party van hulle het toe tot bekering gekom. Intussen het Silas en Timoteus uit Masedonië na Korinte gekom. Hulle het Paulus raak- geloop waar hy hard besig was om die Jode te probeer oortuig dat Jesus die Messias is. Die meeste van hulle het Paulus se boodskap verwerp. Teleurgesteld het hy toe opgestaan en daar voor almal die stof uit sy klere geskud. “As julle verlore gaan, is dit net julle eie skuld. Julle bloed is nou op julle eie koppe,” het hy bygevoeg. “Ek het gedoen wat God van my verwag. Ek het vir julle die volle waarheid oor Hom vertel. Nou gaan ek na die heidene toe om met hulle oor Jesus te praat.”
HANDELINGE 18:4-6 Bybel vir almal (ABA)
En Paulus het elke Sabbatdag in die sinagoge met die mense gepraat. Paulus het aangehou om te praat en hy het probeer om die Jode en die Grieke ook te laat glo wat hy glo. Nadat Silas en Timoteus van die provinsie Masedonië gekom het, het Paulus opgehou om tente te maak, hy het elke dag net die boodskap van Jesus vir die mense gebring. Hy het vir die Jode gesê dat dit waar is dat Jesus die Christus is. Maar die Jode was téén Paulus en hulle het slegte dinge van hom gesê. Toe het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle sal verlore gaan, maar dit is nie my skuld nie, júlle is skuldig. Van nou af sal ek na die heidene toe gaan.”
HANDELINGE 18:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is. Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
HANDELINGE 18:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar elke sabbatdag het hy in die sinagoge met die mense geredeneer en Jode en Grieke probeer oortuig. Nadat Silas en Timoteus van Masedonië af gekom het, het Paulus al sy tyd bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Christus is. Maar toe hulle hulle aanhou verset en hom beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld. Ek aanvaar nie die verantwoordelikheid daarvoor nie. Van nou af gaan werk ek onder mense wat nie Jode is nie.”
HANDELINGE 18:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het elke sabbat in die sinagoge geredeneer en die Jode en die Grieke oorgehaal. En toe Silas en Timoteus van Masedonië af gekom het, was Paulus in die gees gedruk en het aan die Jode getuig dat Jesus Christus is. En toe hulle teëgestaan het en gelaster het, het hy sy klere geskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle eie hoofde! Ek is rein: van nou af sal ek na die heidene gaan.
HANDELINGE 18:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elke Sabbatdag het hy in die sinagoge met die mense geredeneer en sowel Jode as Grieke probeer oortuig. Nadat Silas en Timoteus van Masedonië af aangekom het, het Paulus al sy aandag bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Messias is. Toe hierdie Jode hom egter aanhou teenstaan en beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle bloed is op julle eie kop. Ek is onskuldig. Van nou af spits ek my toe op die nie-Jode.”