HANDELINGE 18:2-3
HANDELINGE 18:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het daar 'n Jood ontmoet, sy naam was Akwila en sy familie het van die provinsie Pontus gekom. Hy en sy vrou Priscilla het kort voor daardie tyd van Italië daarnatoe gekom omdat keiser Claudius gesê het dat al die Jode moet weggaan uit die stad Rome. Paulus het na hulle toe gegaan. Hulle het dieselfde soort werk gedoen soos Paulus, en daarom het hy by hulle gebly en hy het daar gewerk, want hulle werk was ook om tente te maak.
HANDELINGE 18:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het 'n Jood gevind met die naam van Áquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdat Claudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan; en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers van ambag.
HANDELINGE 18:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het hy vir Akwila, 'n Jood wat in Pontus gebore is, ontmoet. Hy het kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, uit Italië daar aangekom, nadat keiser Claudius beveel het dat al die Jode Rome moet verlaat. Paulus het hulle gaan opsoek, en omdat hulle net soos hy tentmakers van beroep was, het hy by hulle ingetrek en saam met hulle gewerk.
HANDELINGE 18:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar het hy 'n Jood met die naam Akwila aangetref, 'n boorling van Pontus, wat kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, daar aangekom het uit Italië, omdat Claudius beveel het dat alle Jode Rome moes verlaat. Paulus het na hulle gegaan, en omdat hy dieselfde ambag as hulle beoefen het – hulle was immers tentmakers van beroep – het hy by hulle gebly en saam met hulle gewerk.
HANDELINGE 18:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n sekere Jood met die naam van Aquila gevind, gebore in Pontus, wat onlangs van Italië gekom het, saam met sy vrou Priscilla; (omdat Claudius al die Jode beveel het om van Rome af te vertrek) en na hulle gekom. En omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want deur hulle beroep was hulle tentmakers.
HANDELINGE 18:2-3 Die Boodskap (DB)
Daar het hy ’n Jood met die naam Akwila teëgekom. Akwila is in Pontus gebore. Hy en sy vrou Priscilla het kort tevore uit Italië padgegee. Dit was net nadat keiser Claudius beveel het dat alle Jode uit Rome weggejaag moes word. Paulus het by hulle in Korinte gaan bly.Al drie van hulle was tentmakers van beroep.
HANDELINGE 18:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar het hy Akwila ontmoet, ’n Jood wat in Pontus gebore is. Hy het kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, uit Italië daar aangekom. Hulle is uit Italië weg omdat keiser Claudius beveel het dat alle Jode Rome moes verlaat. Paulus het hulle gaan opsoek. Hy het by hulle ingetrek en saam met hulle gewerk, want hulle was tentmakers net soos hy.