HANDELINGE 17:7
HANDELINGE 17:7 Bybel vir almal (ABA)
Jason het hulle genooi om in sy huis in te kom. Al hierdie mense breek die wette van die keiser, hulle sê daar is 'n ander koning, en sy naam is Jesus.”
HANDELINGE 17:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar 'n ander koning is, naamlik Jesus.
HANDELINGE 17:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Jason het vir hulle huisvesting gegee. Hulle handel almal in stryd met die keiser se wette en sê dat daar 'n ander koning is, Jesus!”
HANDELINGE 17:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en Jason het hulle as gaste ontvang. Hulle tree almal in stryd met die keiser se voorskrifte op deur te sê dat daar 'n ander koning is, naamlik Jesus. ”
HANDELINGE 17:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat Jason ontvang het, en hulle doen almal in stryd met die verordeninge van die keiser deur te sê dat daar 'n ander koning is, een Jesus.
HANDELINGE 17:7 Die Boodskap (DB)
Dié twee was egter nie tuis nie, net Jason en ’n paar ander gelowiges. Die skare het hulle gevang en voor die hoofde van die stad gesleep. “Hierdie spul is besig om die wêreld om te keer,” het die skare vir die stadsvaders geskree. “En Jason laat toe dat hulle daar in sy huis bly. Hierdie mense oortree die keiser se voorskrifte. Hulle sê dat Jesus die Koning is, nie die keiser nie.”