HANDELINGE 17:29-31
HANDELINGE 17:29-31 Bybel vir almal (ABA)
“Omdat ons die nageslag van God is, moet ons nie dink dat God lyk soos 'n beeld van goud of silwer of klip nie. Mense dink God lyk so, en dan maak hulle so 'n beeld. Dit is waar dat God nie die mense gestraf het in die tyd toe hulle Hom nie geken het nie, maar Hy sê vir al die mense op al die plekke dat hulle nou hulle lewe moet verander en moet lewe soos Hy wil hê. Hulle moet dit doen omdat Hy gesê dat daar 'n dag sal kom wanneer Hy sal doen wat reg is, Hy sal al die mense van die wêreld dan oordeel. God het vir Jesus gekies om dit te doen. God het ook vir almal gewys dat dit waarlik sal gebeur, want Jesus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe.”
HANDELINGE 17:29-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
HANDELINGE 17:29-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding. “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”
HANDELINGE 17:29-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Aangesien ons dan van God se geslag is, moet ons nie dink dat die goddelike wese soos goud of silwer of klip is nie – 'n beeld gevorm deur die vaardigheid en ingewing van 'n mens. God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy alle mense oral op om hulle te bekeer. Want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy die wêreld in regverdigheid gaan oordeel deur 'n Man wat Hy daarvoor aangewys het. En Hy het dit aan almal bevestig deur Hom uit die dood te laat opstaan.”
HANDELINGE 17:29-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aangesien ons dan die nageslag van God is, behoort ons nie te dink dat die Godheid soos goud of silwer of klip is wat deur kuns en mens se plan gegraveer is nie. En na die tye van hierdie onkunde het God geknipoog; maar nou beveel alle mense oral om hulle te bekeer: Omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur die man wat Hy aangestel het; waarvan Hy aan alle mense versekering gegee het deurdat Hy Hom uit die dode opgewek het.
HANDELINGE 17:29-31 Die Boodskap (DB)
‘Ons is deur God gemaak. Ons behoort aan Hom.’ “As dit dan waar is dat ons almal aan God behoort en dat ons van Hom af kom, is dit mos dom om te dink dat iemand ’n beeld van Hom kan maak. Dit is blote menslike vindingrykheid om afgodsbeelde te maak. “Vir ’n lang tyd het die meeste mense op aarde niks van God af geweet nie. Gelukkig het Hy dit nie teen hulle gehou nie. Maar daardie dae is nou vir goed verby. Nou vertel ek julle die waarheid oor Hom sodat julle en al die ander mense op aarde kan ophou om in sonde te leef. “Want God het besluit dat daar ’n dag sal aanbreek waarop Hy almal op die aarde regverdig gaan oordeel. Hy het ’n baie belangrike Man aangestel om op daardie dag as regter op te tree. Hierdie Man is deur God lewendig gemaak nadat Hy dood was. Almal weet tog al teen hierdie tyd van Hom.”
HANDELINGE 17:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons moet dus nie aan God dink in terme van beelde van goud, silwer of klip nie. Ons is dan self sy nageslag. Sulke beelde is bloot skeppings van mense se vaardigheid en verbeelding. God het wel mense se vroeëre onkunde oorgesien, maar nou roep Hy alle mense oral op om die afgode te los en hulle tot Hom te bekeer. Hy het immers ’n dag bepaal waarop ’n Man wat Hy beskik het, in geregtigheid oor die wêreld gaan oordeel. As bewys vir almal wie dié Man is, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”