HANDELINGE 17:29
HANDELINGE 17:29 Bybel vir almal (ABA)
“Omdat ons die nageslag van God is, moet ons nie dink dat God lyk soos 'n beeld van goud of silwer of klip nie. Mense dink God lyk so, en dan maak hulle so 'n beeld.
HANDELINGE 17:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
HANDELINGE 17:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien ons dan self van God afstam, moet ons nie dink dat die Godheid aan beelde van goud, silwer of klip gelyk is nie. Dit is bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding.
HANDELINGE 17:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Aangesien ons dan van God se geslag is, moet ons nie dink dat die goddelike wese soos goud of silwer of klip is nie – 'n beeld gevorm deur die vaardigheid en ingewing van 'n mens.
HANDELINGE 17:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aangesien ons dan die nageslag van God is, behoort ons nie te dink dat die Godheid soos goud of silwer of klip is wat deur kuns en mens se plan gegraveer is nie.