HANDELINGE 16:25-26
HANDELINGE 16:25-26 Bybel vir almal (ABA)
In die middel van die nag was Paulus en Silas besig om te bid en om liedere te sing om God te prys. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik was daar 'n groot aardbewing en die fondamente van die tronk het gebewe. Dadelik het al die deure van die tronk oopgegaan en almal se kettings het afgeval.
HANDELINGE 16:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.
HANDELINGE 16:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak.
HANDELINGE 16:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Om middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing, en die gevangenes het na hulle geluister. Skielik was daar 'n hewige aardbewing, sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure het onmiddellik oopgegaan, en almal se boeie het losgegaan.
HANDELINGE 16:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En middernag het Paulus en Silas gebid en lofsange tot eer van God gesing, en die gevangenes het dit gehoor. En skielik was daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het, en dadelik het al die deure oopgegaan, en elkeen se bande is losgemaak.
HANDELINGE 16:25-26 Die Boodskap (DB)
Teen middernag het Paulus en Silas tot God begin bid. Hulle het ook lofliedere tot sy eer gesing. Die ander gevangenes was verstom hieroor. Doodstil het almal na hulle geluister. Toe, uit die bloute, het ’n groot aardbewing die tronk geruk. Dit was so erg dat die seldeure oopgegaan en al die boeie van die gevangenes afgeval het.
HANDELINGE 16:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!