HANDELINGE 15:16-17
HANDELINGE 15:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Daarna sal Ek terugkom, en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou, en Ek sal sy bouvalle herstel en dit weer regmaak, sodat al die ander mense die Here kan soek, ja, al die heidennasies wat Ek geroep het om my eiendom te wees, sê die Here wat hierdie dinge doen.
HANDELINGE 15:16-17 Bybel vir almal (ABA)
“Die Here het gesê: Daar sal 'n tyd kom wanneer Ek die nageslag van koning Dawid weer sal laat regeer. Hulle is soos 'n huis wat omgeval het, soos 'n muur wat afgebreek is. En dan sal Ek terugkom en Ek sal die huis van Dawid wat omgeval het, weer bou, en Ek sal sy mure wat afgebreek is, weer bou. En die huis van Dawid sal weer wees soos hy altyd was. Ek sal dit doen sodat al die ander mense na die Here toe sal kom en sodat al die heidene na die Here toe sal kom, Ek het hulle gekies om aan My te behoort. Die Here wat al hierdie dinge doen, het dit gesê.
HANDELINGE 15:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
HANDELINGE 15:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Daarna sal Ek terugkom en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou, en Ek sal die bouvalle daarvan herbou en dit herstel, sodat die res van die mensdom die Here kan soek, ja, al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is. So sê die Here, wat hierdie dinge doen’
HANDELINGE 15:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarna sal Ek terugkeer en die tent van Dawid wat neergeval het, weer bou; en Ek sal sy puinhope weer bou en dit oprig. Sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek en al die heidene oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here, wat al hierdie dinge doen.
HANDELINGE 15:16-17 Die Boodskap (DB)
‘Ek sal binnekort terugkom, sê die Here. Dan sal Ek Dawid se koninkryk herstel wat nou in puin lê. Ek sal alles herbou wat afgebreek is. Ek sal dit splinternuut maak. In daardie tyd sal ander mense na my nuwe koninkryk toe stroom. Al die volke wat Ek na My toe uitnooi, sal dan na My toe kom. Ek, die Here, sal dit alles doen.
HANDELINGE 15:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
‘Daarna sal Ek terugkom, en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou. Ek sal sy bouvalle herstel, en dit weer regmaak sodat ook die ander volke die Here kan soek, ja, al die nie-Joodse nasies oor wie Ek my Naam uitgeroep het. So sê die Here wat hierdie dinge