HANDELINGE 13:7
HANDELINGE 13:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy was saam met die adjunk van die land, Sergius Paulus, 'n verstandige man; wat Barnabas en Saul geroep het en die woord van God wou hoor.
HANDELINGE 13:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy was saam met die goewerneur, Sergius Paulus, wat ’n verstandige man was. Die goewerneur het Barnabas en Saulus genooi om die woord van God van hulle te hoor.
HANDELINGE 13:7 Bybel vir almal (ABA)
Barjesus was daar by die goewerneur, Sergius Paulus. Sergius Paulus was 'n verstandige man. Die goewerneur het toe vir Barnabas en Saulus laat roep omdat hy baie graag die boodskap oor God wou hoor.
HANDELINGE 13:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy was by die goewerneur Sérgius Paulus, 'n verstandige man. Dié het Bárnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
HANDELINGE 13:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy was by die goewerneur, Sergius Paulus, wat 'n verstandige man was. Die goewerneur het vir Barnabas en Saulus laat roep, want hy wou graag die woord van God hoor.
HANDELINGE 13:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy was die metgesel van die prokonsul Sergius Paulus, wat 'n verstandige man was. Die prokonsul het Barnabas en Saulus laat roep, omdat hy graag die woord van God wou hoor.
HANDELINGE 13:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy was saam met die adjunk van die land, Sergius Paulus, 'n verstandige man; wat Barnabas en Saul geroep het en die woord van God wou hoor.