HANDELINGE 13:42-52
HANDELINGE 13:42-52 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle die sinagoge verlaat, het die mense vir Paulus en Barnabas gevra om hulle die volgende sabbatdag meer van hierdie dinge te vertel. Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. Die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van die Here te hoor. Toe die Jode die groot opkoms sien, is hulle met afguns vervul en het hulle telkens Paulus se woorde teëgespreek en hom beledig. Paulus en Barnabas het reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, gaan ons nou na die mense toe wat nie Jode is nie, want so lui die Here se opdrag aan ons: “Ek het U gegee as 'n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde. ” Toe die heidene dit hoor, was hulle baie bly oor die woord van die Here en het hulle dit toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. Die woord van die Here het dwarsdeur die hele streek versprei. Maar die Jode het vooraanstaande godvresende vroue en toonaangewende burgers van die stad teen Paulus en Barnabas opgesweep. Hulle is vervolg en uit die streek verdrywe. Hulle het toe as gebaar teen die stad die stof van hulle voete afgeskud en na Ikonium toe gegaan. Die gelowiges in Antiogië was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.
HANDELINGE 13:42-52 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Paulus en Barnabas buite kom, het die mense gesmeek dat hierdie dinge op die volgende Sabbat ook aan hulle vertel word. Toe die sinagoge verdaag het, het baie van die Jode en die godsdienstige proseliete Paulus en Barnabas gevolg, wat met hulle gepraat en hulle oortuig het om in die genade van God te bly leef. Die volgende Sabbat het byna die hele stad byeengekom om die woord van die Here te hoor. Toe die Jode die skare sien, is hulle vervul met naywer, en het hulle dit wat Paulus gesê het, teengestaan en belaster. Maar Paulus en Barnabas het prontuit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar aangesien julle dit verwerp en julleself nie die ewige lewe werd ag nie, kyk, nou wend ons ons tot die heidennasies. Want so het die Here dit aan ons opgedra: “ ‘Ek het jou aangewys as 'n lig vir die nasies, sodat jy verlossing kan bring tot aan die uiteindes van die aarde.’ ” Toe die heidene dit hoor, was hulle bly en vol lof oor die woord van die Here. En diegene wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. Die woord van die Here het deur die hele landstreek versprei. Die Jode het egter die godsdienstige vroue uit die vooraanstaande kringe en ook die leiers van die stad aangehits, en hulle het 'n vervolging teen Paulus en Barnabas ontketen en hulle uit hulle gebied verdryf. Hulle het toe die stof van hulle voete afgeskud as getuienis teen die stad en na Ikonium vertrek. Die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
HANDELINGE 13:42-52 Bybel vir almal (ABA)
Terwyl Paulus en Barnabas uit die sinagoge gegaan het, het die mense hulle gevra om op die volgende Sabbatdag weer oor hierdie dinge te praat. En toe die vergadering in die sinagoge klaar was, het baie van die Jode en die ander mense saam met Paulus en Barnabas gegaan. Die ander mense het vir God gerespekteer omdat hulle die Jode se godsdiens aanvaar het. En Paulus en Barnabas het met hulle gepraat en vir hulle gesê hulle moet aanhou om te glo in die boodskap van God se genade. Die volgende Sabbatdag het amper al die mense in die stad saamgekom om te luister na die boodskap van die Here. Toe die Jode die baie mense sien, was hulle baie jaloers. Hulle het sleg gepraat van Paulus en hulle het elke maal met hom gestry oor die dinge wat hy gesê het. Maar Paulus en Barnabas was nie bang nie en hulle het gesê: “Dit was reg dat ons eers vir júlle die boodskap van God moes bring. Maar omdat julle dit nie glo nie, wys julle dat julle nie goed genoeg is om die ewige lewe te kry nie. Daarom gaan ons nou na die heidene. Want die Here het hierdie woorde vir ons gesê: “ Ek het jou gekies en aangestel om 'n lig te wees vir die ander volke, en jy moet vir hulle vertel dat Ek al die mense op die aarde wil red.” Toe die heidene hoor wat Paulus en Barnabas gesê het, was hulle baie bly en hulle het die Here geprys oor sy boodskap vir hulle. Die Here het mense gekies om die ewige lewe te kry, en al daardie mense het begin glo. Meer en meer mense rondom die stad Antiogië in Pisidië het die boodskap van die Here gehoor. Maar die Jode het gepraat met die belangrike vroue wat vir God respekteer, en met die belangrike mans in die stad. Die Jode het vir hulle gesê hulle moet téén Paulus en Barnabas wees. Ja, die Jode het begin om vir Paulus en Barnabas baie swaar te laat kry, en die Jode het hulle weggejaag van daardie plek. Paulus en Barnabas het die stof van hulle voete afgeskud om 'n teken te wees teen die Jode, en toe het hulle na die stad Ikonium gegaan. Die gelowiges het aangehou om bly te wees, en die Heilige Gees was in hulle.
HANDELINGE 13:42-52 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly. En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor. Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie — kyk, ons wend ons tot die heidene. Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe. En die woord van die Here is deur die hele land verbrei. Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf. Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan. En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
HANDELINGE 13:42-52 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle die sinagoge verlaat, het die mense vir Paulus en Barnabas gevra om hulle die volgende sabbatdag meer van hierdie dinge te vertel. Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. Die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van die Here te hoor. Toe die Jode die groot opkoms sien, is hulle met afguns vervul en het hulle telkens Paulus se woorde teëgespreek en hom beledig. Paulus en Barnabas het reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, gaan ons nou na die mense toe wat nie Jode is nie, want so lui die Here se opdrag aan ons: “Ek het U gegee as 'n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde. ” Toe die heidene dit hoor, was hulle baie bly oor die woord van die Here en het hulle dit toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. Die woord van die Here het dwarsdeur die hele streek versprei. Maar die Jode het vooraanstaande godvresende vroue en toonaangewende burgers van die stad teen Paulus en Barnabas opgesweep. Hulle is vervolg en uit die streek verdrywe. Hulle het toe as gebaar teen die stad die stof van hulle voete afgeskud en na Ikonium toe gegaan. Die gelowiges in Antiogië was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.
HANDELINGE 13:42-52 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Paulus en Barnabas buite kom, het die mense gesmeek dat hierdie dinge op die volgende Sabbat ook aan hulle vertel word. Toe die sinagoge verdaag het, het baie van die Jode en die godsdienstige proseliete Paulus en Barnabas gevolg, wat met hulle gepraat en hulle oortuig het om in die genade van God te bly leef. Die volgende Sabbat het byna die hele stad byeengekom om die woord van die Here te hoor. Toe die Jode die skare sien, is hulle vervul met naywer, en het hulle dit wat Paulus gesê het, teengestaan en belaster. Maar Paulus en Barnabas het prontuit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar aangesien julle dit verwerp en julleself nie die ewige lewe werd ag nie, kyk, nou wend ons ons tot die heidennasies. Want so het die Here dit aan ons opgedra: “ ‘Ek het jou aangewys as 'n lig vir die nasies, sodat jy verlossing kan bring tot aan die uiteindes van die aarde.’ ” Toe die heidene dit hoor, was hulle bly en vol lof oor die woord van die Here. En diegene wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. Die woord van die Here het deur die hele landstreek versprei. Die Jode het egter die godsdienstige vroue uit die vooraanstaande kringe en ook die leiers van die stad aangehits, en hulle het 'n vervolging teen Paulus en Barnabas ontketen en hulle uit hulle gebied verdryf. Hulle het toe die stof van hulle voete afgeskud as getuienis teen die stad en na Ikonium vertrek. Die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
HANDELINGE 13:42-52 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die Jode uit die sinagoge uitgegaan het, het die heidene gesmeek dat hierdie woorde die volgende sabbat aan hulle verkondig moes word. En toe die gemeente opgebreek is, het baie van die Jode en godsdienstige proseliete vir Paulus en Bárnabas gevolg, wat met hulle gepraat het en hulle oorreed het om in die genade van God te bly. En die volgende sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om die woord van God te hoor. Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met afguns vervul en het teen die dinge gespreek wat deur Paulus gespreek is, weerspreek en lasterlik. Toe het Paulus en Bárnabas vrymoedig geword en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God eers tot julle gespreek moes word; Want so het die Here ons beveel en gesê: Ek het jou gestel as 'n lig vir die heidene, sodat jy tot redding sou wees tot aan die eindes van die aarde. En toe die heidene dit hoor, was hulle bly en het die woord van die Here verheerlik; en almal wat tot die ewige lewe bestem was, het geglo. En die woord van die Here is in die hele land bekend gemaak. Maar die Jode het die vroom en eerbare vroue en die hoofmanne van die stad aangehits en vervolging teen Paulus en Bárnabas laat opkom en hulle uit hulle grondgebied verdryf. Maar hulle het die stof van hulle voete teen hulle afgeskud en by Ikonium gekom. En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
HANDELINGE 13:42-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl Paulus en Barnabas die sinagoge verlaat, het die mense hulle gevra om die volgende Sabbatdag meer van dié dinge te vertel. Ná die sinagogediens het baie van die Jode en van die nie-Jode wat proseliete geword het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié twee het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek. Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en alles teengestaan wat hy gesê het. Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode. “Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee: ‘Ek het Jou gegee as ’n lig vir die nie-Joodse nasies sodat Jy verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.’” Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. Die woord van die Here het deur daardie hele streek versprei. Maar die Jode het vooraanstaande vroue wat vir die ware God ontsag gehad het, asook toonaangewende burgers van die stad, opgesweep. Hulle het ’n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag. Hulle het toe, as protes teen die stad, die stof van hulle voete afgeskud en Ikonium toe gegaan. Die gelowiges was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.