HANDELINGE 12:20-25
HANDELINGE 12:20-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Herodes was woedend vir die mense van Tirus en Sidon. Hulle het egter almal saam na hom gekom, en nadat hulle Blastus, wat toesig gehad het oor die koninklike slaapkamers, oorgehaal het, het hulle om vrede gevra, omdat die gebied waar hulle voedsel vandaan gekom het, afhanklik van die koning s'n was. Op die vasgestelde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek, op die regbank plaasgeneem en hulle toegespreek. Daarop het die volk uitgeroep: “Die stem van 'n god en nie van 'n mens nie!” En onmiddellik het 'n engel van die Here hom neergevel, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie en, verteer deur wurms, het hy gesterf. Maar die woord van God het gegroei en uitgebrei. En Barnabas en Saulus het, nadat hulle hulle diens in Jerusalem voltooi het, teruggekeer en Johannes, bekend as Markus, saamgeneem.
HANDELINGE 12:20-25 Die Boodskap (DB)
Herodes het intussen heelwat probleme met die mense van Tirus en Sidon gehad. Afgevaardigdes uit hierdie gebiede het toe bevriend geraak met die hoof van Herodes se huishouding. Sy naam was Blastus. Deur sy toedoen het hulle ’n geleentheid gekry om met Herodes te kom praat en die vrede te probeer herstel. Hulle voortbestaan het van hierdie ontmoeting afgehang. Op die dag waarop hulle afgespreek het, het Herodes sy opwagting gemaak. Met al sy blink klere aan het hy op sy troon gaan sit en almal toegespreek. Hy was skaars klaar of die mense het begin uitroep: “Dis ’n god wat nou met ons praat. Hy is nie ’n gewone mens nie.” Op daardie einste oomblik stuur die Here een van sy engele wat Herodes net daar voor almal inmekaar laat sak het. Dit het gebeur omdat hy God nie geëer het nie. Daarna het hy baie ernstig siek geword en gesterf. Intussen het die gelowiges aangehou om God se woord uit te dra. Die kerk het van krag tot krag gegaan en aanhou groei. Barnabas en Saulus het ook teruggekeer Antiogië toe. Hulle het vir Johannes Markus saam met hulle teruggevat.
HANDELINGE 12:20-25 Bybel vir almal (ABA)
Koning Herodes was baie kwaad vir die mense van die stede Tirus en Sidon. Die mense van Tirus en Sidon het kos gekry van koning Herodes se land, en daarom het hierdie mense toe almal saam na koning Herodes toe gekom. Hulle het eers mooi gepraat met Blastus, 'n amptenaar wat moes sê wie met die koning mag praat. Blastus het geluister na wat hulle sê. Toe het hulle vir Herodes gevra om vrede te maak. Op die spesiale dag het Herodes die mooi klere aangetrek wat 'n koning dra. Hy het gaan sit op die regterstoel en toe het hy met die vergadering van die volk gepraat. Die mense het toe aangehou om te skree: “Hy praat soos 'n god en nie soos 'n mens nie!” Dadelik het 'n engel van die Here vir Herodes siek laat word omdat hy nie vir God geëer het nie. En wurms het begin om hom op te vreet, en hy het gesterf. Die gelowiges het die boodskap van God verder en verder gebring, en meer en meer mense het dit geglo. Toe Barnabas en Saulus hulle werk in Jerusalem klaargemaak het, het hulle teruggekom na die stad Antiogië. Hulle het vir Johannes saamgeneem, die mense het hom ook “Markus” genoem.
HANDELINGE 12:20-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Herodes was verbitterd teen die Tiriërs en Sidoniërs. En hulle het eenparig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die koning se hofdienaar, omgepraat het, vrede gevra, omdat hulle land onderhoud uit die koning s'n ontvang het. En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie! En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe. Maar die woord van God het gegroei en toegeneem. En Bárnabas en Saulus het van Jerusalem teruggekeer, nadat hulle hul diens vervul het, en hulle het Johannes saamgeneem, wat ook Markus genoem word.
HANDELINGE 12:20-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense van Tirus en Sidon het hulle die woede van Herodes op die hals gehaal. Daarom het hulle saam 'n afvaardiging na hom toe gestuur. Nadat hulle vir Blastus, die koning se kamerheer, op hulle hand gekry het, het hulle vrede gevra, omdat hulle land van die koning s'n afhanklik was vir lewensmiddele. Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy troon gaan sit en hulle toegespreek. Die mense het toe geskreeu: “Dit is 'n god wat praat, nie 'n mens nie!” Op daardie selfde oomblik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe. Maar die woord van God het verder versprei en veld gewen. Barnabas en Saulus het teruggekom nadat hulle hulle opdrag in Jerusalem uitgevoer het, en hulle het vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamgevat.
HANDELINGE 12:20-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Herodes was woedend vir die mense van Tirus en Sidon. Hulle het egter almal saam na hom gekom, en nadat hulle Blastus, wat toesig gehad het oor die koninklike slaapkamers, oorgehaal het, het hulle om vrede gevra, omdat die gebied waar hulle voedsel vandaan gekom het, afhanklik van die koning s'n was. Op die vasgestelde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek, op die regbank plaasgeneem en hulle toegespreek. Daarop het die volk uitgeroep: “Die stem van 'n god en nie van 'n mens nie!” En onmiddellik het 'n engel van die Here hom neergevel, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie en, verteer deur wurms, het hy gesterf. Maar die woord van God het gegroei en uitgebrei. En Barnabas en Saulus het, nadat hulle hulle diens in Jerusalem voltooi het, teruggekeer en Johannes, bekend as Markus, saamgeneem.
HANDELINGE 12:20-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Herodes was hoogs ontevrede met die van Tirus en Sidon, maar hulle het eendragtig na hom gekom, en nadat hulle Blastus, die hofdienaar van die koning, hulle vriend gemaak het, het hulle vrede begeer; omdat hulle land deur die koning se land gevoed is. En op 'n vasgestelde dag het Herodes, geklee in koninklike klere, op sy troon gaan sit en 'n rede tot hulle gespreek. En die volk het 'n geroep en gesê: Dit is die stem van 'n god en nie van 'n mens nie. En dadelik het die engel van die Here hom geslaan, omdat hy aan God die eer nie gegee het nie; Maar die woord van God het gegroei en vermeerder. En Bárnabas en Saulus het teruggekeer van Jerusalem af, nadat hulle hul bediening volbring het, en Johannes, wie se naam ook Markus was, saamgeneem.
HANDELINGE 12:20-25 Die Boodskap (DB)
Herodes het intussen heelwat probleme met die mense van Tirus en Sidon gehad. Afgevaardigdes uit hierdie gebiede het toe bevriend geraak met die hoof van Herodes se huishouding. Sy naam was Blastus. Deur sy toedoen het hulle ’n geleentheid gekry om met Herodes te kom praat en die vrede te probeer herstel. Hulle voortbestaan het van hierdie ontmoeting afgehang. Op die dag waarop hulle afgespreek het, het Herodes sy opwagting gemaak. Met al sy blink klere aan het hy op sy troon gaan sit en almal toegespreek. Hy was skaars klaar of die mense het begin uitroep: “Dis ’n god wat nou met ons praat. Hy is nie ’n gewone mens nie.” Op daardie einste oomblik stuur die Here een van sy engele wat Herodes net daar voor almal inmekaar laat sak het. Dit het gebeur omdat hy God nie geëer het nie. Daarna het hy baie ernstig siek geword en gesterf. Intussen het die gelowiges aangehou om God se woord uit te dra. Die kerk het van krag tot krag gegaan en aanhou groei. Barnabas en Saulus het ook teruggekeer Antiogië toe. Hulle het vir Johannes Markus saam met hulle teruggevat.
HANDELINGE 12:20-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Herodes was destyds baie kwaad vir die mense van Tirus en Sidon. Daarom het hulle ’n gesamentlike afvaardiging na hom toe gestuur met ’n vredesvoorstel omdat hulle stede vir kos van Herodes se land afhanklik was. Hulle het Blastus, die koning se kamerbediende, oorgehaal om vir hulle ’n oudiënsie by Herodes te kry. Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy verhoog gaan sit en hulle in die openbaar toegespreek. Die mense het hom toegejuig: “Dit is die stem van ’n god, nie van ’n mens nie!” Onmiddellik het ’n engel van die Here Herodes getref omdat hy die verering aanvaar en nie aan God gegee het nie. Hy is deur wurms gevreet en het gesterf. Maar die Goeie Nuus het verder versprei en baie het tot geloof gekom. Barnabas en Saulus het teruggekom nadat hulle hulle opdrag in Jerusalem voltooi het. Hulle het vir Johannes, met die noemnaam Markus, saamgeneem.