HANDELINGE 10:25-28
HANDELINGE 10:25-28 Bybel vir almal (ABA)
Toe Petrus by die huis kom, het Kornelius hom gegroet en Kornelius het voor Petrus se voete gekniel soos 'n mens voor 'n koning kniel. Maar Petrus het vir Kornelius gehelp om op te staan en hy het vir hom gesê: “Staan op! Ek is self ook net 'n mens, soos jy.” Terwyl Petrus met Kornelius praat, het Petrus ingegaan in die huis. Hy sien toe daar is baie mense en hy sê vir hulle: “Julle weet dat 'n Jood nie by iemand mag wees wat nie 'n Jood is nie, 'n Jood mag ook nie vriende wees met iemand wat nie 'n Jood is nie. Maar God het vir my gewys dat ek nie mag sê dat iemand nie aan God gewy is óf dat hy onrein is nie.
HANDELINGE 10:25-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys. Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar 'n mens. En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het; en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
HANDELINGE 10:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Petrus daar kom, het Kornelius hom tegemoet gegaan en eerbiedig voor hom gekniel. Maar Petrus het hom laat opstaan en gesê: “Staan op! Ek is self ook maar net 'n mens.” Terwyl Petrus met Kornelius praat, gaan hy die huis binne, waar hy baie mense bymekaar aantref, en hy sê vir hulle: “Julle weet dat 'n Jood nie met iemand van 'n ander volk mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie.
HANDELINGE 10:25-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. Maar Petrus het hom opgehelp met die woorde: “Staan op, ek self is ook net 'n mens. ” En terwyl hy met hom praat, het hy na binne gegaan en daar baie mense bymekaar aangetref. Hy het vir hulle gesê: “Julle weet dat dit vir 'n Joodse man verbode is om met iemand van 'n ander volk te assosieer of hom te besoek. God het egter aan my getoon dat ek geen mens as besoedel of onrein mag beskou nie.
HANDELINGE 10:25-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Petrus inkom, kom Cornelius hom tegemoet en val voor sy voete neer en aanbid hom. Maar Petrus het hom opgeneem en gesê: Staan op! Ek is self ook 'n man. En terwyl hy met hom praat, het hy ingegaan en baie gekry wat bymekaar was. En hy sê vir hulle: Julle weet dat dit onwettig is vir 'n man wat 'n Jood is om geselskap te wees of na een van 'n ander nasie te kom; maar God het my laat blyk dat ek geen mens onrein of onrein mag noem nie.
HANDELINGE 10:25-28 Die Boodskap (DB)
Toe Petrus by Kornelius se huis opdaag, het hy nader gestap om hom te verwelkom. Hy het op sy knieë voor Petrus neergeval om hom te aanbid. “Nee, wag, hou op! Ek is ’n doodgewone mens,” het Petrus gesê. Hulle twee is die huis in. Daar het ’n groot groep mense op hulle gewag. Petrus sê toe vir hulle: “Dit wat ek nou doen, mag ons Jode eintlik nie doen nie. Soos julle weet, durf ons nie in mense uit ander volke se huise ingaan of met hulle meng nie. Maar gelukkig het God my oë oopgemaak. Hy het vir my gewys dat ek glad nie op mense uit ander volke mag neersien nie.
HANDELINGE 10:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Petrus die huis inkom, het Kornelius voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. Maar Petrus het hom opgehelp en ge-sê: “Staan op! Ek is ’n mens net soos jy!” En terwyl hy met hom praat, gaan hulle binne, en kry die klomp mense wat daar bymekaar is. Petrus sê toe vir hulle: “Julle weet dat ’n Jood nie met iemand van ’n ander volk kontak mag hê of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onrein mag beskou nie.