HANDELINGE 10:23-24
HANDELINGE 10:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom. En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom.
HANDELINGE 10:23-24 Die Boodskap (DB)
Petrus het die mans ingenooi en hulle vir die nag slaapplek gegee. Die volgende dag het Petrus saam met die mans vertrek. ’n Paar gelowiges uit Joppe het ook saamgegaan. ’n Dag later het hulle in Sesarea aangekom. Intussen het Kornelius opgewonde op hulle koms gewag. Hy het selfs sy familie en vriende laat kom om saam met hom te luister na wat Petrus te sê het.
HANDELINGE 10:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Petrus het toe die mans genooi om in die huis te kom en hy het gesê hulle mag die nag daar slaap. Die volgende dag het Petrus opgestaan en hy het saam met hulle gegaan. Party van die gelowiges van die hawestad Joppe het saam met hom gegaan. Die volgende dag het Petrus in Sesarea aangekom. Kornelius het klaar sy familie en sy beste vriende bymekaargeroep, hy het vir Petrus gewag en was haastig dat hy moet kom.
HANDELINGE 10:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan. Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.
HANDELINGE 10:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Petrus nooi hulle toe in en gee vir hulle huisvesting. Die volgende dag het hy en 'n paar van die gelowiges in Joppe saam met hulle gegaan en 'n dag later in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en huisvriende reeds bymekaar geroep.
HANDELINGE 10:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het hulle toe ingeroep en hulle vernag. En die volgende dag het Petrus saam met hulle weggegaan, en sekere broers van Joppe het hom vergesel. En die volgende dag het hulle in Cesaréa ingegaan. En Cornelius het hulle ingewag en sy bloedverwante en vriende bymekaargeroep.
HANDELINGE 10:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Petrus nooi hulle toe vir die nag in. Die volgende dag het hy saam met hulle vertrek, en ’n paar van die medegelowiges in Joppe het saam met hom gegaan. Hulle het die volgende dag in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en naby vriende reeds saamgeroep.