HANDELINGE 10:1-3
HANDELINGE 10:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n man in die hawestad Sesarea. Sy naam was Kornelius. Hy was 'n offisier van 'n groep Italiaanse soldate. Hy en almal in sy huis het God gedien en gerespekteer. Hy het baie goeie dinge gedoen om die arm mense in die Joodse volk te help, en hy het elke dag tot God gebid. Een middag omtrent drie-uur het God iets vir Kornelius gewys: 'n Engel van God het na Kornelius toe gekom en vir hom gesê: “Kornelius!”
HANDELINGE 10:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN daar was in Cesaréa 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
HANDELINGE 10:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
In Sesarea was daar 'n man met die naam Kornelius, 'n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid. Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: “Kornelius!”
HANDELINGE 10:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n man in Caesarea bekend as Cornelius, 'n centurio van die sogenaamde Italiaanse kohort soldate. Hy, en ook sy hele huis, was godsdienstig en godvresend, het baie liefdadigheid aan die volk bewys en gereeld tot God gebid. Hy het teen die negende uur van die dag in 'n visioen duidelik 'n engel van God na hom sien binnekom wat vir hom sê: “Cornelius!”
HANDELINGE 10:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar was 'n sekere man in Cesarea met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die bende wat die Italiaanse bende genoem word, 'n Vroom man en een wat God vrees met sy hele huis, wat baie aalmoese aan die volk gegee het en altyd tot God gebid het. Hy het in 'n gesig blykbaar omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Kornelius!
HANDELINGE 10:1-3 Die Boodskap (DB)
In Sesarea het daar ’n man gebly met die naam Kornelius. Hy was die bevelvoerder van die Italiaanse regiment wat daar gestasioneer was. Hy was ’n goeie mens. Kornelius en almal in sy huis het groot respek vir God gehad. Sy hand was altyd oop vir ander mense wat swaargekry het. Hy het ook baie tyd aan gebed afgestaan. Een middag teen drie-uur, terwyl Kornelius besig was om te bid, het hy ’n visioen gesien. ’n Engel van die Here het na hom toe gekom en gesê
HANDELINGE 10:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In Sesarea was daar ’n Romeinse weermagoffisier met die naam Kornelius, ’n offisier oor honderd man van die Italiaanse Regiment. Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid. Een middag teen drie-uur het hy in ’n gesig duidelik ’n engel van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelius!”