HANDELINGE 1:7-8
HANDELINGE 1:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het vir hulle gesê: “Julle mag nie weet wanneer die Vader die dinge sal doen wat Hy graag wil doen nie. Net Hy kan besluit wanneer Hy dit sal doen. Maar julle sal krag kry wanneer die Heilige Gees in julle kom. Dan sal julle my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot by die einde van die wêreld.”
HANDELINGE 1:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
HANDELINGE 1:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
HANDELINGE 1:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tye en spesifieke geleenthede te ken wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”
HANDELINGE 1:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of seisoene te weet wat die Vader in sy eie mag gestel het nie. Maar julle sal krag ontvang nadat die Heilige Gees oor julle gekom het; en julle sal getuies van My wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en in Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.
HANDELINGE 1:7-8 Die Boodskap (DB)
Daarop het Jesus geantwoord: “Dit is vir God om oor hierdie dinge te besluit, nie vir julle nie. “Al wat julle hoef te weet, is dat God met sy groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom. Dan gaan julle oral oor My praat: hier in Jerusalem, maar ook in die hele Judea en Samaria. Ja, selfs tot aan die verste uithoeke van die wêreld.”
HANDELINGE 1:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”