HANDELINGE 1:21-22
HANDELINGE 1:21-22 Bybel vir almal (ABA)
“Ons moet nou 'n man kies in Judas se plek. Hy moet iemand wees wat die hele tyd by ons was toe die Here Jesus sy werk gedoen het op die aarde, van die tyd toe Johannes gedoop het totdat Jesus na die hemel gegaan het. Hy moet saam met ons 'n getuie wees dat Jesus weer lewe nadat Hy gesterf het. Ons moet so 'n persoon kies.”
HANDELINGE 1:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het, van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.
HANDELINGE 1:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.”
HANDELINGE 1:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Daarom moet een van daardie manne wat die hele tyd saam met ons onderweg was terwyl die Here Jesus onder ons gekom en gegaan het, van die begin af, van die doop van Johannes af, tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is, saam met ons as 'n getuie van sy opstanding optree.”
HANDELINGE 1:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, van hierdie manne wat saam met ons was al die tyd wat die Here Jesus onder ons in en uitgegaan het, Vanaf die doop van Johannes, tot daardie selfde dag dat hy van ons opgeneem is, moet iemand georden word om saam met ons 'n getuie van sy opstanding te wees.
HANDELINGE 1:21-22 Die Boodskap (DB)
Maar dit moet iemand wees wat heeltyd saam met ons in Jesus se geselskap was, van daardie dag af toe Hy deur Johannes die Doper gedoop is totdat Hy hemel toe is.”
HANDELINGE 1:21-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Daarom moet ons nou iemand anders kies. Dit moet een van die mans wees wat die hele tyd toe die Here Jesus by ons was, ook saam met ons was – van die tyd toe Jesus heel aan die begin deur Johannes gedoop is, tot op die dag toe Hy van ons in die hemel opgeneem is. Die een wat gekies word, sal saam met ons ’n getuie wees van Jesus se opstanding.”