HANDELINGE 1:12-24
HANDELINGE 1:12-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus. Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers. EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê: Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het; want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry. Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort; en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond. Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem. Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het, van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding. En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías. En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
HANDELINGE 1:12-24 Die Boodskap (DB)
Die Olyfberg waar Jesus van sy dissipels afskeid geneem het, is sowat ’n kilometer van Jerusalem af. Daarvandaan het die apostels toe teruggestap stad toe, na ’n groot kamer op die boonste verdieping van een van die geboue. Daar het hulle gereeld bymekaargekom. Al die oorblywende apostels was daar: Petrus, Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon wat ’n Seloot was, en ook Judas die seun van Jakobus. Hulle het elke dag saamgebid. Van die gelowige vroue het saam met hulle kom bid, so ook Maria, Jesus se ma, sy broers en ’n klompie ander gelowiges. Later was daar by die 120 mense in die kamer bymekaar. Op ’n dag het Petrus vir hulle gesê: “Broers en susters, ek wil eers met julle oor daardie verraaier van ’n Judas praat. Ek kan nou nog nie glo dat hy kop in een mus was met die spul wat vir Jesus gevang het nie. Ja, hy het dit alles beplan. “Om te dink dat Judas heeltyd een van ons was! Met die omkoopgeld wat hy gekry het om Jesus te verraai, het hy vir hom ’n stuk grond gaan koop. Maar hy is ’n paar dae gelede daar dood. Hy het hom doodgeval. Sy binneste het oopgebars van die val sodat hy hom doodgebloei het. Dalk het julle ook daarvan te hore gekom. Judas se dood is immers hoofnuus hier in Jerusalem se strate. Die mense noem daardie stuk grond van hom nou Bloedgrond, of soos hulle in Hebreeus sê: Akeldama. “In een van die psalms van Dawid staan daar: Laat sy grond leeg staan sodat niemand daar gaan bly nie. “Dawid het ook gesê: Iemand anders moet sy werk oorneem. “Judas se plek in ons kring van apostels is nou leeg. Ons moet iemand in sy plek kies. Maar dit moet iemand wees wat heeltyd saam met ons in Jesus se geselskap was, van daardie dag af toe Hy deur Johannes die Doper gedoop is totdat Hy hemel toe is.” Twee name is toe opgegee: Josef Barsabbas (sy bynaam was Justus) en Mattias. Toe het al die gelowiges gebid en gesê: “Here, U weet presies wat in mense se binneste aangaan. U ken ons almal deur en deur.
HANDELINGE 1:12-24 Bybel vir almal (ABA)
Die apostels was op die Olyf-berg, naby Jerusalem, so ver soos 'n mens op die Sabbatdag mag loop. Hulle het toe teruggegaan na Jerusalem. Toe hulle in Jerusalem kom, het hulle na die huis se bo-kamer gegaan waar hulle gebly het. Die apostels se name was: Petrus en Johannes en Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon die patriot en Judas die seun van Jakobus. Die apostels het altyd saam gebid, saam met 'n paar vroue. Jesus se ma Maria en sy broers het ook saam gebid. Eendag was daar omtrent 120 mense bymekaar. Toe het Petrus, die leier, opgestaan en vir hulle gesê: “Vriende, die Heilige Gees het lank gelede vir Dawid gebruik om in die Ou Testament iets te sê oor Judas. Julle weet dat Judas vir die Joodse leiers gesê het hoe hulle vir Jesus kan vang. Daardie woorde in die Ou Testament móés waar word, en dit hét gebeur. Want Judas was een van ons en hy het die werk van 'n apostel gedoen. Judas het 'n stuk grond gekoop met die omkoopgeld wat hy van die Joodse leiers gekry het. 'n Paar dae later het hy vooroor geval, sy maag het oopgebars en sy derms het uitgekom. Die mense van Jerusalem weet almal daarvan. Hulle noem daardie stuk grond in hulle eie taal ‘Akeldama,’ dit beteken ‘Bloedgrond.’ Want in die Psalms is daar geskryf: “ Sy woonplek moet 'n woestyn word, daar moet niemand woon nie, “en “ iemand anders moet sy werk doen. “Ons moet nou 'n man kies in Judas se plek. Hy moet iemand wees wat die hele tyd by ons was toe die Here Jesus sy werk gedoen het op die aarde, van die tyd toe Johannes gedoop het totdat Jesus na die hemel gegaan het. Hy moet saam met ons 'n getuie wees dat Jesus weer lewe nadat Hy gesterf het. Ons moet so 'n persoon kies.” Hulle het toe twee manne se name genoem. Dit was Josef en Mattias. Josef se ander name was Barsabbas en Justus. Toe het hulle gebid en gevra: “Here, U ken almal se harte. U het een van hierdie twee manne gekies
HANDELINGE 1:12-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus. Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers. EN in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê: Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het; want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry. Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort; en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond. Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem. Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het, van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding. En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías. En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
HANDELINGE 1:12-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, 'n sabbatsreis ver. In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met 'n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by. In daardie tyd was daar 'n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê: “Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om 'n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het. “Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy 'n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond. “In die boek van die Psalms staan daar: “Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, “en: “Laat 'n ander sy amp oorneem. “Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.” Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. En die gelowiges het gebid: “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het
HANDELINGE 1:12-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarna het hulle van die berg wat as die Olyfberg bekend staan en wat digby Jerusalem was, 'n Sabbatsreis ver, teruggekeer na Jerusalem. Toe hulle daar aankom, het hulle opgegaan na die bovertrek waar hulle gebly het: •Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Thomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus, seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas, die seun van Jakobus. Hulle het almal eensgesind in gebed volhard, saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus, en sy broers. In daardie dae het •Petrus tussen die broers opgestaan – daar was ongeveer honderd-en-twintig mense bymekaar – en gesê: “Broers, die Skrifwoord moes vervul word wat die Heilige Gees vroeër by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het. Hy het vir die mense wat Jesus gearresteer het, as gids opgetree, aangesien hy een uit ons geledere was, en deel gehad het aan ons bediening. Hy het mos 'n stuk grond aangeskaf uit die geld wat hy as beloning vir sy bose daad ontvang het. Hy het egter vooroor geval, in die middel oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. Dit het onder al die inwoners van Jerusalem bekend geword, met die gevolg dat daardie stuk grond in hulle eie taal as Akeldama bekend staan, dit is: ‘Bloedgrond’. Want daar staan in die Psalms geskryf: “ ‘Laat sy woonplek verlate word, en laat geen inwoner daarin bly nie.’ En: “ ‘Laat 'n ander sy amp as opsiener oorneem.’ “Daarom moet een van daardie manne wat die hele tyd saam met ons onderweg was terwyl die Here Jesus onder ons gekom en gegaan het, van die begin af, van die doop van Johannes af, tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is, saam met ons as 'n getuie van sy opstanding optree.” Hulle het toe twee voorgestel: Josef, bekend as Barsabbas, wat ook Justus genoem is, en Mattias. Daarop het hulle soos volg gebid: “U, Here, wat almal se harte ken, wys U uit hierdie twee die een aan wat U gekies het
HANDELINGE 1:12-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het toe na Jerusalem teruggekeer van die berg wat genoem word Olyfberg, wat van Jerusalem af 'n sabbatsreis is. En toe hulle ingegaan het, het hulle in die bovertrek opgegaan, waar Petrus en Jakobus en Johannes en Andreas, Filippus en Thomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus, die seun van Alfeus, en Simon Selotes en Judas die broer van Jakobus. Hulle het almal eendragtig volgehou in gebed en smeking, met die vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers. En in daardie dae het Petrus tussen die dissipels opgestaan en gesê: (Die getal name saam was omtrent honderd-en-twintig) Manne en broeders, hierdie Skrif moes seker vervul gewees het wat die Heilige Gees deur die mond van Dawid tevore gespreek het oor Judas, wat die gids was vir die wat Jesus geneem het. Want hy is saam met ons getel en het deel van hierdie bediening verkry. En hierdie man het 'n stuk grond gekoop met die beloning van ongeregtigheid; en hy het halsoorkop geval en in die middel uitmekaar gebars, en al sy ingewande het uitgevloei. En dit was bekend aan al die inwoners van Jerusalem; in soverre daardie veld in hulle regte tong genoem word, Aceldama, dit wil sê, die veld van bloed. Want daar is geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woning woes word, en laat niemand daarin woon nie; Daarom, van hierdie manne wat saam met ons was al die tyd wat die Here Jesus onder ons in en uitgegaan het, Vanaf die doop van Johannes, tot daardie selfde dag dat hy van ons opgeneem is, moet iemand georden word om saam met ons 'n getuie van sy opstanding te wees. En hulle het twee aangestel, Josef wat Barsabas genoem is, met die bynaam Justus, en Mattias. En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van alle mense ken, toon aan of U van hierdie twee gekies het
HANDELINGE 1:12-24 Die Boodskap (DB)
Die Olyfberg waar Jesus van sy dissipels afskeid geneem het, is sowat ’n kilometer van Jerusalem af. Daarvandaan het die apostels toe teruggestap stad toe, na ’n groot kamer op die boonste verdieping van een van die geboue. Daar het hulle gereeld bymekaargekom. Al die oorblywende apostels was daar: Petrus, Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon wat ’n Seloot was, en ook Judas die seun van Jakobus. Hulle het elke dag saamgebid. Van die gelowige vroue het saam met hulle kom bid, so ook Maria, Jesus se ma, sy broers en ’n klompie ander gelowiges. Later was daar by die 120 mense in die kamer bymekaar. Op ’n dag het Petrus vir hulle gesê: “Broers en susters, ek wil eers met julle oor daardie verraaier van ’n Judas praat. Ek kan nou nog nie glo dat hy kop in een mus was met die spul wat vir Jesus gevang het nie. Ja, hy het dit alles beplan. “Om te dink dat Judas heeltyd een van ons was! Met die omkoopgeld wat hy gekry het om Jesus te verraai, het hy vir hom ’n stuk grond gaan koop. Maar hy is ’n paar dae gelede daar dood. Hy het hom doodgeval. Sy binneste het oopgebars van die val sodat hy hom doodgebloei het. Dalk het julle ook daarvan te hore gekom. Judas se dood is immers hoofnuus hier in Jerusalem se strate. Die mense noem daardie stuk grond van hom nou Bloedgrond, of soos hulle in Hebreeus sê: Akeldama. “In een van die psalms van Dawid staan daar: Laat sy grond leeg staan sodat niemand daar gaan bly nie. “Dawid het ook gesê: Iemand anders moet sy werk oorneem. “Judas se plek in ons kring van apostels is nou leeg. Ons moet iemand in sy plek kies. Maar dit moet iemand wees wat heeltyd saam met ons in Jesus se geselskap was, van daardie dag af toe Hy deur Johannes die Doper gedoop is totdat Hy hemel toe is.” Twee name is toe opgegee: Josef Barsabbas (sy bynaam was Justus) en Mattias. Toe het al die gelowiges gebid en gesê: “Here, U weet presies wat in mense se binneste aangaan. U ken ons almal deur en deur.
HANDELINGE 1:12-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Na hierdie gebeure het die apostels van die Olyfberg af na Jerusalem toe teruggestap, ’n afstand van net onder ’n kilometer. Hulle is toe na die bovertrek toe waar hulle tuisgegaan het. Die volgende persone was daar: Petrus, Johannes, Jakobus, Andreas, Filippus, Tomas, Bartolomeus, Matteus, Jakobus (seun van Alfeus), Simon die Yweraar, en Judas (seun van Jakobus). Hulle het almal saam aanhou bid. Maria, Jesus se ma, ander vroue en Jesus se broers was ook by. In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van sowat 120 gelowiges. Petrus het tussen hulle opgestaan en gesê: “Medegelowiges, dit was nodig dat die Skrif oor Judas vervul moes word – dié man wat die tempelpolisie wat Jesus wou arresteer, na Hom toe gelei het. Die Heilige Gees het dit al lankal voorspel toe Hy deur Dawid daaroor gepraat het. Judas was inderdaad een van ons, en hy is ook saam met ons gekies vir hierdie bediening.” (Met die omkoopgeld wat Judas vir sy verraad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en sy middellyf het oopgebars. Al sy ingewande het uitgepeul. Die nuus oor sy dood het vinnig onder die inwoners van Jerusalem versprei. Hulle het daardie plek toe Akeldama genoem, ’n Aramese woord wat “Bloedgrond” beteken.) Petrus het voortgegaan: “Dis presies soos dit in die Psalmboek geskryf staan: ‘Laat sy woonplek verlate word; laat niemand daar bly nie.’ “En op ’n ander plek: ‘Laat iemand anders sy toesigverantwoordelikheid oorneem.’ “Daarom moet ons nou iemand anders kies. Dit moet een van die mans wees wat die hele tyd toe die Here Jesus by ons was, ook saam met ons was – van die tyd toe Jesus heel aan die begin deur Johannes gedoop is, tot op die dag toe Hy van ons in die hemel opgeneem is. Die een wat gekies word, sal saam met ons ’n getuie wees van Jesus se opstanding.” Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. Hulle bid toe saam dat die regte een verkies word. “Here,” het hulle gebid, “U ken elke hart. Wys ons watter een U gekies het