HANDELINGE 1:1-5
HANDELINGE 1:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Teofilus, ek het in my eerste boek geskryf oor alles wat Jesus gedoen het en wat Hy vir mense geleer het toe Hy op aarde was, tot die dag toe Jesus na die hemel gegaan het. Jesus het mense gekies om sy apostels te wees, en voordat God Hom na die hemel geneem het, het Jesus vir die apostels gesê wat hulle moet doen wanneer Hy weg is. Die Heilige Gees het vir Jesus gesê wat Hy vir hulle moet sê. Nadat Jesus swaargekry en gesterf het, het Hy vir die apostels gewys dat Hy weer lewe. Hy het baie maal vir hulle bewys dat Hy weer lewe. Hy het 40 dae lank baie maal aan hulle verskyn en vir hulle vertel van God wat Koning is oor almal. Jesus het by die apostels gebly en Hy het vir hulle gesê hulle mag nie weggaan van Jerusalem nie. Hulle moes daar wag totdat alles gebeur het wat die Vader belowe het. Jesus het gesê: “Ek het al klaar vir julle vertel van hierdie belofte. Die belofte is: Johannes die Doper het julle met water gedoop, maar God sal julle met die Heilige Gees doop. Julle sal nie lank moet wag nie.”
HANDELINGE 1:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het; aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het. En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
HANDELINGE 1:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”
HANDELINGE 1:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die eerste berig, Teofilus, het ek geskryf oor alles wat Jesus begin doen en waaroor Hy onderrig gegee het, tot die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees opdragte gegee het aan die •apostels wat Hy uitgekies het. Aan hulle het Hy, ná sy lyding, deur talle tekens getoon dat Hy leef, toe Hy oor 'n tydperk van veertig dae aan hulle verskyn en met hulle oor die sake van die •koninkryk van God gepraat het. Terwyl Hy met hulle saamgeëet het, het Hy hulle beveel: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie, maar bly wag op die Vader se belofte wat julle van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar oor nie baie dae nie sal julle met die Heilige Gees gedoop word.”
HANDELINGE 1:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vorige verhandeling het ek gemaak, o Teofilus, van alles wat Jesus begin doen en leer het, Tot op die dag waarop Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees bevele gegee het aan die apostels wat Hy uitverkies het: Aan wie hy ook na sy hartstog lewend getoon het deur baie onfeilbare bewyse, terwyl hy veertig dae lank daarvan gesien is, en gespreek het oor die dinge van die koninkryk van God. En toe hulle saam met hulle vergader het, het hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem af weg te gaan nie, maar te wag op die belofte van die Vader wat, sê Hy, julle van My gehoor het. Want Johannes het waarlik met water gedoop; maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie baie dae daarna nie.
HANDELINGE 1:1-5 Die Boodskap (DB)
Teofilus, in my eerste boek het ek jou vertel van alles wat Jesus gedoen het tot op die dag dat Hy van sy apostels afskeid geneem en na sy hemelse woning teruggegaan het. Dit was kort nadat Hy sy laaste opdragte aan hulle gegee het. Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy oor ’n tyd van 40 dae ’n hele paar keer aan sy apostels verskyn om vir hulle te wys dat Hy regtig lewe.Hy het gereeld met hulle oor God se nuwe wêreld gepraat. Eenkeer toe hulle almal so saam was, het Jesus vir hulle gesê: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie. Bly daar totdat my Vader die belofte wat Hy aan julle gemaak het, waar laat word.Vroeër het Ek vir julle gesê dat Johannes die Doper julle met water doop, maar dat God julle binnekort met die Heilige Gees gaan doop. Dit is hierdie belofte waarop julle nog so ’n klein rukkie moet wag.”
HANDELINGE 1:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Beste Teofilus In my eerste boek het ek jou vertel van alles wat Jesus begin doen en leer het tot op die dag toe Hy opgeneem is. Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee. In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat. ’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee: “Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”