2 TIMOTEUS 4:5
2 TIMOTEUS 4:5 Bybel vir almal (ABA)
Maar jy, Timoteus, jy moet altyd goed dink wat jy doen, jy moet aanhou, ook wanneer dit sleg gaan met jou. Dit is jou werk om die goeie boodskap vir mense te bring, en jy moet dit doen, jy moet al die werk klaarmaak wat die Here vir jou gegee het.
2 TIMOTEUS 4:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.
2 TIMOTEUS 4:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.
2 TIMOTEUS 4:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar bly jy in alles nugter, verduur jou lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, beoefen jou bediening voluit.
2 TIMOTEUS 4:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wees waaksaam in alles, verduur verdrukkinge, doen die werk van 'n evangelis, lewer volle bewys van jou bediening.