2 TIMOTEUS 3:6-7
2 TIMOTEUS 3:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Want dit is daardie soort mense wat vals is wanneer hulle in huise inkom en wat dan die vroue alles laat glo wat hulle vir hulle leer, die vroue wat graag enige iets glo. Dit is vroue wat baie sonde gedoen het en wat altyd graag baie meer dinge wil hê. Hierdie vroue wil altyd meer leer, maar hulle weet nooit wat die waarheid van God is nie.
2 TIMOTEUS 3:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
2 TIMOTEUS 3:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag, vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
2 TIMOTEUS 3:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want onder hulle is daar diegene wat huisgesinne binnedring, en ligsinnige vroue, oorlaai met sondes, hulle prooi maak – vroue wat voortgedryf word deur allerlei begeertes, wat altyd aan die leer is, maar nooit tot volle begrip van die waarheid kan kom nie.
2 TIMOTEUS 3:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want van hierdie soort is hulle wat in huise insluip en dwase vroue gevange lei, belaai met sondes, weggelei met allerhande begeerlikhede, Leer altyd en kan nooit tot kennis van die waarheid kom nie.
2 TIMOTEUS 3:6-7 Die Boodskap (DB)
Party van hulle gaan bly as gaste in die huis van gelowiges. Hulle bewerk dit dan so dat ’n vrou wat byvoorbeeld maklik iets glo, aan hulle lippe begin hang. Omdat so ’n vrou nie ’n sterk persoonlikheid het nie, pla die dinge wat sy in die verlede gedoen het haar en buitendien begeer sy allerhande lelike dinge. Hierdie vroue stel altyd vreeslik belang om iets nuuts te hoor, maar hulle kom nooit by die waarheid uit nie en weet ook nie wat waar is en wat nie waar is nie.
2 TIMOTEUS 3:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Onder hulle is dié wat hulleself in mense se huise kan inwurm en die vertroue van kwesbare vroue wen wat belaai is met sondeskuld en beheer word deur baie begeertes. Sulke vroue is altyd besig om nuwe leringe na te volg, maar hulle kry dit nie reg om die waarheid te begryp nie.