2 TESSALONISENSE 2:9-10
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die slegte leier begin werk, dan sal die Satan vir hom sê wat om te doen. Die slegte leier sal die krag hê om wonderwerke en ander wonderlike dinge te doen wat mense sal bedrieg. Die slegte leier sal die mense wat verlore gaan, bedrieg met alles wat hy verkeerd doen. Die mense sal hom volg, want hulle het nie hulle harte oopgemaak nie en hulle het nie lief geword vir die ware goeie boodskap oor die Here Jesus nie. As hulle dit gedoen het, dan sou God hulle gered het.
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaardgaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie.
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur die werking van Satan, sal die koms van die wettelose mens gepaard gaan met volle magsvertoon, met bedrieglike tekens en wonders, en met elke vorm van goddelose misleiding vir hulle wat verlore gaan, omdat hulle nie die liefde vir die waarheid aanvaar het om verlos te kan word nie.
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Selfs hy wie se koms is na die werking van Satan met alle krag en tekens en wonders van die leuen, En met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan; omdat hulle die liefde vir die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Die Boodskap (DB)
Tot by die wederkoms sal hierdie goddelose figuur met al sy bose planne besig wees. Sy krag kom direk van Satan af. Daarom sal hy in staat wees om groot wonders en vals tekens te doen. Hierdie goddelose figuur sal dit gebruik om mense te mislei. Hy sal almal wat hulle rug vir God gedraai het, aanspoor om die vieslikste sondes te doen. Dit gebeur omdat hulle die kans van ’n leeftyd deur hulle vingers laat glip het om in Christus te glo en sy verlossing te ervaar.
2 TESSALONISENSE 2:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Satan sal dit bewerk dat die wettelose mens se koms gepaardgaan met groot magsvertoon en tekens en vals wonderwerke. Sy koms sal ook gepaardgaan met allerhande bose misleiding van dié wat verlore gaan. Hulle gaan verlore omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle verlossing aanvaar het nie.