2 SAMUEL 7:28-29
2 SAMUEL 7:28-29 Bybel vir almal (ABA)
En nou, Here, my Here, U alleen is God, en U sal doen wat U gesê het. U het hierdie goeie ding gesê oor u dienaar. Begin nou asseblief en laat dit goed gaan met u dienaar se koningshuis, U moet altyd by die koningshuis wees. Want U, Here, my Here, het gepraat. U het gesê dit sal goed gaan, en daarom sál dit altyd goed gaan met die koningshuis van u dienaar.”
2 SAMUEL 7:28-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nou, Here HERE, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê. Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here HERE, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees.
2 SAMUEL 7:28-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
“En nou, Here, U is God. U woorde sal bewaarheid word. U het hierdie goeie belofte aan u dienaar gemaak. Begin tog nou en seën die huis van u dienaar om vir altyd in u diens te wees! Here my God, U het gepraat en omdat U seën, is die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën.”
2 SAMUEL 7:28-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En nou, HERE, my Heer, U is God, en u woorde is betroubaar. U het hierdie goeie woord oor u dienskneg uitgespreek. Wees dan nou bereid om die huis van u dienskneg te seën, sodat dit vir altyd voor U sal wees. U, HERE, my Heer, het dit immers self gesê, en deur u seën sal die huis van u dienskneg altyd geseënd wees.”
2 SAMUEL 7:28-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, HERE HERE, is U daardie God, en u woorde is waar, en U het hierdie goedheid aan u kneg belowe. Laat dit U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën, dat dit vir ewig voor u aangesig kan bestaan, want U, HERE HERE, het dit gespreek; en laat die huis van u kneg met u seën vir ewig geseën word.
2 SAMUEL 7:28-29 Die Boodskap (DB)
Groot Here, U alleen is God. U woorde word waar; ook hierdie mooi woorde wat U vir my gesê het. Maak dan nou asseblief my koningshuis voorspoedig. Gee tog dat my nageslag altyd naby U sal wees. Groot Here, U het ’n belofte gemaak en as U ons help, sal dit altyd met ons goed gaan.”
2 SAMUEL 7:28-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Nou, oppermagtige HERE, U is God en u woorde is waarheid. U het hierdie goeie dinge aan u dienaar belowe. Mag U nou asseblief die huis van u dienaar seën sodat dit vir altyd voor U mag bestaan, want U, oppermagtige HERE, het dit belowe. Met u seën sal die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën wees!”