2 SAMUEL 5:11-25
2 SAMUEL 5:11-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiram, die koning van Tirus, het gesante na Dawid gestuur, asook sederhout, skrynwerkers en klipmesselaars. Hulle het vir Dawid 'n paleis gebou. Dawid het besef dat die HERE hom as koning oor Israel gevestig het en dat die HERE sy koningskap aansien gegee het ter wille van sy volk Israel. Dawid het nog byvroue en vroue uit Jerusalem geneem nadat hy uit Hebron daar aangekom het. Daar is toe vir Dawid nog seuns en dogters gebore. Dit is die name van die kinders wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sammua, Sobab, Natan en Salomo; Jibgar, Elisua, Nefeg en Jafia; Elisama, Eljada en Elifelet. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf is, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek; maar Dawid het daarvan te hore gekom en afgegaan na die bergvesting. Die Filistyne het gekom en die vallei van Refaïm beset. Dawid het by die HERE raad gesoek: “Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my hand gee?” Die HERE het vir Dawid gesê: “Trek op, want Ek sal beslis die Filistyne in jou hand gee.” Dawid het in Baäl-Perasim aangekom en hulle daar verslaan. Dawid het gesê: “Die HERE het deur my vyande voor my gebreek soos water deurbreek.” Daarom het hy daardie plek Baäl-Perasim genoem. Die Filistyne het hulle afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem. Die Filistyne trek toe weer op en beset die vallei van Refaïm. Toe Dawid die HERE raadpleeg, het Hy gesê: “Moenie van voor teen hulle optrek nie; trek agter hulle om en val hulle aan voor die balsempopuliere. Sodra jy die geluid van 'n opmars in die toppe van die balsempopuliere hoor, moet jy toeslaan; want dan gaan die HERE voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.” Dawid het gemaak soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Geba af tot by Geser.
2 SAMUEL 5:11-25 Bybel vir almal (ABA)
Koning Hiram van die stad Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur. Hy het ook sederhout gestuur en ambagsmanne wat met hout en klip kon werk, en hulle het vir Dawid 'n paleis gebou. Dawid het besef dat die Here vir hom koning oor Israel gemaak het. Hy het besef dat die Here lief is vir sy volk Israel en dat Hy daarom vir Dawid 'n belangrike koning laat word het. Nadat Dawid uit Hebron gekom het, het hy met nog vroue en byvroue in Jerusalem getrou, en hulle het vir Dawid nog seuns en dogters gekry. Hier is die name van die kinders van Dawid wat in Jerusalem gebore is: Sammua, Sobab, Natan, Salomo, Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafija, Elisama, Eljada en Elifelet. Die Filistyne het gehoor dat die leiers van Israel vir Dawid koning gemaak het, en al die Filistyne het vir Dawid kom soek. Dawid het dit gehoor en hy het na 'n plek in die berge gegaan waar 'n mens nie maklik kan kom nie. Die Filistyne het gekom tot in Spook-laagte. Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek die Filistyne gaan aanval? Sal U my laat wen teen hulle?” Die Here het vir Dawid gesê: “Ja, Ek sal jou laat wen teen die Filistyne, dit is seker.” Dawid het na die stad Baäl-Perasim gegaan en hy het die Filistyne daar oorwin. Hy het gesê: “Die Here het my vyande oorwin en stukkend geslaan soos water alles stukkend breek.” Dit is hoekom hulle daardie plek Baäl-Perasim noem. Die Filistyne het hulle afgode daar gelos, en Dawid en sy manne het dit opgetel. Toe die Filistyne weer in Spook-laagte kom, het Dawid vir die Here gevra wat hy moet doen. Die Here het gesê: “Jy moenie vir hulle van voor aanval nie, jy moet agter-om hulle gaan en jy moet hulle aanval by die melkbosse. Jy sal in die boonste punte van die melkbosse iets hoor, jy sal dink jy hoor dat mense daar loop. Wanneer jy dit hoor, dan moet jy die Filistyne aanval, want dit is Ek wat voor jou gaan om die Filistyne te oorwin.” Dawid het gedoen wat die Here gesê het, en hy het die Filistyne oorwin, van die stad Geba tot waar 'n mens by die stad Geser kom.
2 SAMUEL 5:11-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou. So het Dawid dan gewaar geword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel. En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore. En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo, en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia, en Elisáma en Éljada en Elifélet. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim. Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee. Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem. En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem. Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei. Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse. En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan. En Dawid het gedoen net soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.
2 SAMUEL 5:11-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Koning Hiram van Tirus het 'n afvaardiging na hom toe gestuur en ook sederhout en skrynwerkers en messelaars. Hulle het vir Dawid 'n paleis gebou. Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het en dat die Here Dawid se koningskap in hoë aansien gebring het ter wille van die volk Israel. Nadat Dawid uit Hebron verhuis het, het hy vir hom uit Jerusalem meer byvrouens en vrouens geneem. Daar is toe vir hom nog seuns en dogters gebore. Dit is die name van sy kinders wat in Jerusalem gebore is: Sima, Sobab, Natan, Salomo, Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafia, Elisama, Eljada en Elifelet. Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit te hore gekom en op 'n strategiese plek gaan stelling inneem. Die Filistyne het gekom en die Spooklaagte binnegeval. Dawid het die Here geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?” Die Here het hom geantwoord: “Ja, trek op, want Ek gee hulle beslis aan jou oor.” Dawid het toe deur 'n groot kloof getrek en hulle daar verslaan. Hy het gesê: “Die Here het my vyand voor my gekloof soos water 'n wal kloof.” Daarom het hy die plek Grootkloof genoem. Die Filistyne het selfs hulle afgodsbeelde net daar gelos, en Dawid en sy manskappe het dit opgetel. Toe die Filistyne weer opruk en die Spooklaagte binneval, het Dawid die Here geraadpleeg. Die Here het gesê: “Moenie optrek nie. Draai na hulle agterhoede toe en val hulle aan regoor die melkbosse. Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy blitsvinnig aanval, want dan trek die Here voor jou uit om die kamp van die Filistyne te tref.” Dawid het gemaak soos die Here gesê het en die Filistyne van Geba af tot by die ingang na Geser verslaan.
2 SAMUEL 5:11-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiram, die koning van Tirus, het gesante na Dawid gestuur, asook sederhout, skrynwerkers en klipmesselaars. Hulle het vir Dawid 'n paleis gebou. Dawid het besef dat die HERE hom as koning oor Israel gevestig het en dat die HERE sy koningskap aansien gegee het ter wille van sy volk Israel. Dawid het nog byvroue en vroue uit Jerusalem geneem nadat hy uit Hebron daar aangekom het. Daar is toe vir Dawid nog seuns en dogters gebore. Dit is die name van die kinders wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sammua, Sobab, Natan en Salomo; Jibgar, Elisua, Nefeg en Jafia; Elisama, Eljada en Elifelet. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf is, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek; maar Dawid het daarvan te hore gekom en afgegaan na die bergvesting. Die Filistyne het gekom en die vallei van Refaïm beset. Dawid het by die HERE raad gesoek: “Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my hand gee?” Die HERE het vir Dawid gesê: “Trek op, want Ek sal beslis die Filistyne in jou hand gee.” Dawid het in Baäl-Perasim aangekom en hulle daar verslaan. Dawid het gesê: “Die HERE het deur my vyande voor my gebreek soos water deurbreek.” Daarom het hy daardie plek Baäl-Perasim genoem. Die Filistyne het hulle afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem. Die Filistyne trek toe weer op en beset die vallei van Refaïm. Toe Dawid die HERE raadpleeg, het Hy gesê: “Moenie van voor teen hulle optrek nie; trek agter hulle om en val hulle aan voor die balsempopuliere. Sodra jy die geluid van 'n opmars in die toppe van die balsempopuliere hoor, moet jy toeslaan; want dan gaan die HERE voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.” Dawid het gemaak soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Geba af tot by Geser.
2 SAMUEL 5:11-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hiram, die koning van Tirus, het boodskappers na Dawid gestuur, en sederbome en skrynwerkers en messelaars, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou. En Dawid het bemerk dat die HERE hom as koning oor Israel aangestel het en dat hy sy koninkryk verhef het ter wille van sy volk Israel. En Dawid het vir hom nog byvroue en vroue uit Jerusalem geneem nadat hy van Hebron af gekom het, en vir Dawid was nog seuns en dogters gebore. En dit is die name van dié wat vir hom in Jerusalem gebore is; Sammua en Sobab en Natan en Salomo, Ook Jibhar en Elisua en Nefeg en Jafia, En Elisama en Eljada en Elifalet. Maar toe die Filistyne hoor dat hulle Dawid as koning oor Israel gesalf het, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek; en Dawid het dit gehoor en afgegaan na die bergvesting. Die Filistyne het ook gekom en hulle versprei in die dal Refaim. En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek optrek na die Filistyne? sal U hulle in my hand gee? Toe sê die HERE vir Dawid: Trek op, want Ek sal sekerlik die Filistyne in jou hand gee. En Dawid het in Baäl-Perasim gekom, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my teen my vyande uitgebreek soos 'n waterbreuk. Daarom het hy daardie plek Baäl-Perasim genoem. En daar het hulle hul beelde agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit verbrand. En die Filistyne het weer opgetrek en hulle versprei in die dal Refaim. En toe Dawid die HERE raadpleeg, sê hy: Jy mag nie optrek nie; maar haal 'n kompas agter hulle en kom op hulle teen die moerbeibome. En laat dit wees as jy die geluid van 'n stoot in die toppe van die moerbeibome hoor, dan moet jy jou vermaak; want dan sal die HERE voor jou uit uittrek om die leër van die Filistyne te verslaan. En Dawid het so gedoen soos die HERE hom beveel het; en die Filistyne van Geba verslaan totdat jy by Gaser gekom het.
2 SAMUEL 5:11-25 Die Boodskap (DB)
Hiram, die koning van Tirus, het belangrike mense gestuur om met Dawid ’n ooreenkoms te maak. Hy het daarna vir hom sederhout gestuur en mense wat met hout kan werk en met klip kan bou. Hulle het vir Dawid ’n paleis gebou. Dawid het besef dat die Here hom koning gemaak het oor Israel en dat sy koninkryk belangrik geword het omdat die Here vir sy volk Israel omgee. Nadat Dawid van Hebron af getrek het, het hy in Jerusalem met nog vroue getrou en ook nog meer haremvroue gekry. Hy het toe nog meer seuns en dogters gehad. Die name van sy seuns wat in Jerusalem gebore is, was Sima, Sobab, Natan, Salomo, Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafia, Elisama, Eljada en Elifelet. Die Filistyne het gehoor dat Dawid koning geword het van Israel. Hulle het toe met al hulle soldate gekom om hom in die hande te kry. Maar Dawid het gehoor wat hulle plan was en hy het in die veilige plek in Jerusalem gebly. Die Filistyne het hulle kamp in die Spooklaagte opgeslaan. Dawid het toe vir die Here gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg, en sal U my help om hulle te wen?” Die Here se antwoord was: “Ja, gaan veg teen hulle. Ek sal vir seker sorg dat jy hulle wen.” Dawid het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar gewen. Hy het gesê: “Die Here het deur my vyande gebreek soos water deur ’n damwal breek.” Daarom het hy die plek Baäl-Perasim, “die Baas van die deurbrekers”, genoem. Die Filistyne het hulle afgodsbeelde net daar laat lê, en Dawid en sy manne het dit vir hulle gevat. Die Filistyne het daarna nog ’n keer probeer en weer hulle kamp in die Spooklaagte opgeslaan. Dawid het weer vir die Here gevra wat hy moet doen. Die Here het vir hom gesê: “Moenie hulle van voor af aanval nie. Gaan óm hulle en val hulle daar by die melkbosse van agter af aan. As jy ’n geluid in die boomtoppe hoor wat soos voetstappe klink, moet jy vinnig aanval, want dan is Ek, die Here, voor jou om die soldate van die Filistyne te verslaan.” Dawid het alles gedoen net soos die Here vir hom gesê het. Hy het die Filistyne gejaag van Geba af tot waar ’n mens by Geser kom.
2 SAMUEL 5:11-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Koning Hiram van Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur. Hy het ook sederhout, skrynwerkers en messelaars gestuur om vir Dawid ’n paleis te bou. Dawid het besef dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig het en sy koninkryk aansien gegee het ter wille van sy volk Israel. Nadat Dawid van Hebron af na Jerusalem toe verhuis het, het hy meer vroue en byvroue geneem. Daar is nog seuns en dogters vir hom gebore. Dit is die name van Dawid se seuns wat in Jerusalem gebore is: Sammua, Sobab, Natan, Salomo, Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafia, Elisama, Eljada en Elifelet. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf is, het hulle almal opgetrek om hom te vang. Dawid het dit gehoor en afgegaan na ’n skuilplek toe. Die Filistynse leër het oor die hele Spooklaagte uitgesprei. Dawid raadpleeg toe die HERE: “Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my mag oorgee?” En die HERE het geantwoord: “Ja, trek op. Ek sal verseker die oorwinning aan jou gee.” Dawid het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. Toe roep Dawid uit: “Die HERE het soos ’n verwoestende stroom water deur my vyande gebreek!” Daarom het Dawid die plek Baäl-Perasim (Grootkloof) genoem. Die Filistyne het selfs hulle afgode net daar laat lê sodat Dawid en sy soldate dit kon wegdra. Maar na ’n tyd het die Filistyne teruggekom en weer oor die Spooklaagte versprei. Weereens raadpleeg Dawid die HERE. “Moenie hulle van voor af aanval nie,” antwoord die HERE. “Julle moet eerder óm hulle trek en hulle daar by die bome van agter af aanval. Wanneer julle in die toppe van die bome ’n geruis hoor soos mense wat marsjeer, moet julle toeslaan. Dit is die teken dat die HERE voor julle uit gaan om die Filistyne te tref.” Dawid het gedoen soos die HERE beveel het. Hy het die Filistyne verslaan vanaf Geba tot by Geser.