2 SAMUEL 23:14-17
2 SAMUEL 23:14-17 Bybel vir almal (ABA)
Dawid was in 'n veilige plek in die berge, en die Filistyne het manne in die stad Betlehem laat bly om die stad op te pas. Dawid het dors geword en gesê: “Ek wens iemand bring vir my water uit die watergat in die poort van Betlehem.” Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was 'n drank-offer. Dawid het gesê: “Here, ek kan nie hierdie water drink nie. As hierdie manne gesterf het, dan was dit my skuld.” Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het.
2 SAMUEL 23:14-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem. En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is? Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet en gesê: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
2 SAMUEL 23:14-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid was toe in 'n bergskuiling, en die Filistyne het Betlehem beset. Dawid het baie dors geword en gesug: “Ag, as iemand my tog net water uit die put in Betlehem se poort kon laat drink!” Die drie helde het toe deur die Filistynse kamp geglip en water uit die put in Betlehem se poort vir Dawid gebring, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit as 'n offer vir die Here uitgegiet en gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek dit sou drink. Is dit nie so goed as die bloed van die manne wat met lewensgevaar gegaan het nie?” Daarom wou hy dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
2 SAMUEL 23:14-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid was op daardie stadium in die bergvesting, en daar was 'n wagpos van die Filistyne in Betlehem. Dawid was vol heimwee en het gesê: “As iemand tog net vir my water kon laat drink uit die opgaarput by Betlehem wat by die dorpspoort is!” Die drie helde het toe deur die kamp van die Filistyne gebreek en water geskep uit die opgaarput by die dorpspoort van Betlehem. Hulle het dit gedra en vir Dawid gebring. Maar hy wou dit nie drink nie, en het dit vir die HERE uitgegiet. Hy het gesê: “Mag die HERE my daarvan weerhou om hierdie water te drink! Is dit nie die bloed van die manne wat hulle lewens gewaag het nie?” Hy wou dit nie drink nie. Dit is wat dié drietal helde gedoen het.
2 SAMUEL 23:14-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Dawid was toe in die bergvesting, en die wagpos van die Filistyne was toe in Betlehem. En Dawid het verlang en gesê: Ag, as iemand my wil laat drink van die water van die put van Betlehem wat by die poort is! En die drie helde het die leër van die Filistyne deurgebreek en water uit die put van Betlehem wat by die poort was, geput en dit ingeneem en na Dawid gebring; maar hy wou nie daarvan drink nie, maar het dit uitgegooi aan die HERE. En hy sê: Laat dit ver van my wees, o HERE, dat ek dit sou doen: is dit nie die bloed van die manne wat in gevaar van hulle lewe gegaan het nie? daarom wou hy dit nie drink nie. Hierdie dinge het hierdie drie magtige manne gedoen.
2 SAMUEL 23:14-17 Die Boodskap (DB)
Dawid het toe in die berg weggekruip omdat die Filistyne ’n afdeling soldate in Betlehem gehad het. Dawid het gesug en gesê: “Ai, ek wens darem iemand kon nou vir my water gee uit die put van Betlehem, daar nes jy in die dorp ingaan.” Die drie heldhaftige mans het toe by al die Filistyne se wagte verbygegaan en water gaan skep uit die put waar jy in Betlehem ingaan. Hulle het dit vir Dawid gevat, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here op die grond uitgegooi en gesê: “Ek sal dit nooit drink nie, Here! Dis so goed soos die bloed van dié mans wat hulle lewe gewaag het om dit te gaan haal!” Hy wou dit glad nie drink nie. Dit is hoe dapper daardie drie was.
2 SAMUEL 23:14-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid was toe in die bergskuiling, terwyl ’n afdeling Filistyne die dorp Betlehem beset het. Dawid het teenoor sy manskappe opgemerk: “Ag! As iemand my net ’n bietjie water kan bring uit die put in Betlehem se poort!” Die drie helde het toe deur die Filistynse linie gebreek, die water uit die put opgetrek en dit vir Dawid gebring. Maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit as ’n offer voor die HERE uitgegiet en gesê: “Mag die HERE my daarvan bewaar dat ek hiervan drink! Is dit nie soos die bloed van hierdie manne wat met lewensgevaar gegaan het nie?” Dawid het dit dus nie gedrink nie. Dis die soort heldedade van die drie krygsmanne.