2 SAMUEL 18:31-33
2 SAMUEL 18:31-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
juis toe die Kussiet daar aankom. Die Kussiet sê toe: “My heer die koning kan die nuus ontvang dat die HERE vandag u reg gehandhaaf het deur u te bevry van die hand van almal wat teen u in opstand is.” Daarop vra die koning vir die Kussiet: “Hoe gaan dit met die jong man, met Absalom?” Die Kussiet het gesê: “Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat ten kwade teen u in opstand is, gaan soos met die jong man.” Die koning het begin bewe, en opgegaan na 'n bovertrek in die poort en gehuil. Terwyl hy loop, het hy hierdie woorde gesê: “My seun Absalom; my seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”
2 SAMUEL 18:31-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe kom die Kussiet daar aan en hy sê: “Ek het nuus vir my heer die koning. Vandag het die HERE u verlos van almal wat teen u in opstand gekom het.” “Is die jong man Absalom veilig?” vra die koning. Die Kussiet het geantwoord: “Mag dit met al u vyande en met almal wat met bose planne teen u in opstand kom, gaan soos met daardie jong man.” Die koning was oorstelp van droefheid. Hy het in trane uitgebars en opgegaan na sy kamer bokant die poort. So ver as wat hy loop, het hy geroep: “My seun Absalom! My seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”
2 SAMUEL 18:31-33 Bybel vir almal (ABA)
Toe kom die Kussiet en hy sê: “Ek bring vir Meneer die koning die goeie nuus dat die Here jou vandag gered het van almal wat opstandig was teen jou.” Toe die koning vir die Kussiet vra of dit goed gaan met die jongman, met Absalom, het die Kussiet gesê: “Ek hoop dat dieselfde wat met die jongman gebeur het, ook sal gebeur met die vyande van die koning en met almal wat opstandig was teen jou.” Die koning het begin bewe en hy het opgegaan na die kamer bo-op die poort. Hy het gehuil en hy het heen en weer geloop en gesê: “My seun Absalom, my seun, my seun Absalom. Ek wens ék was dood, nie jy nie. Absalom, my seun, my seun.”
2 SAMUEL 18:31-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het. En die koning het die Kusiet gevra: Gaan dit goed met die jongman, met Absalom? En die Kusiet sê: Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat teen u opstaan om kwaad te doen, gaan soos met dié jongman! Toe het die koning baie ontroerd geword en opgeklim na die bovertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!
2 SAMUEL 18:31-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
en toe kom die Kussiet juis net daar aan en sê: “Daar is nuus vir die koning, want die Here het u vandag verlos van almal wat teen u in opstand gekom het.” “Gaan dit goed met my kind Absalom?” vra die koning, en die Kussiet antwoord: “Mag dit met die vyande van die koning en almal wat teen u in opstand kom en u ondergang wil bewerk, gaan soos met daardie kind.” Die koning het ontroerd geraak en in trane na die kamer bokant die poort opgeklim. Daar het hy heen en weer geloop en gesê: “My seun, Absalom, my seun, my seun. Absalom, ag, as ek maar in jou plek kon gesterwe het. Absalom, my seun, my seun.”
2 SAMUEL 18:31-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
juis toe die Kussiet daar aankom. Die Kussiet sê toe: “My heer die koning kan die nuus ontvang dat die HERE vandag u reg gehandhaaf het deur u te bevry van die hand van almal wat teen u in opstand is.” Daarop vra die koning vir die Kussiet: “Hoe gaan dit met die jong man, met Absalom?” Die Kussiet het gesê: “Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat ten kwade teen u in opstand is, gaan soos met die jong man.” Die koning het begin bewe, en opgegaan na 'n bovertrek in die poort en gehuil. Terwyl hy loop, het hy hierdie woorde gesê: “My seun Absalom; my seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”
2 SAMUEL 18:31-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, Kusi het gekom; en Kusi sê: Boodskap, my heer die koning, want die HERE het jou vandag gewreek aan almal wat teen jou opgestaan het. Toe sê die koning vir Kusi: Is die jongman Absalom veilig? En Kusi antwoord: Die vyande van my heer die koning en almal wat teen jou opstaan om jou kwaad aan te doen, word soos daardie jongman. En die koning was baie ontroerd en het opgegaan na die kamer oorkant die poort en geween; en terwyl hy gegaan het, het hy so gesê: O my seun Absalom, my seun, my seun Absalom! sou God, ek het vir jou gesterf, o Absalom, my seun, my seun!
2 SAMUEL 18:31-33 Die Boodskap (DB)
Net toe kom die man uit Afrika daar aan. Hy sê: “U Majesteit, ek het goeie nuus! Die Here het vandag almal reggesien wat teen u opgestaan het.” “Wat van Absalom? Is my kind veilig?” vra die koning. Daarop antwoord die man: “Ek hoop dieselfde sal gebeur met U Majesteit se vyande en met almal wat slegte planne teen u het, as wat met daardie jongman gebeur het.” Die koning was platgeslaan. Hy het na ’n kamer bo-op die stad se muur gegaan en in trane uitgebars. Hy het heen en weer geloop en gesê: “My seun, my Absalom, my seun, my seun, my Absalom. Ag, as ek maar dood was in jou plek, Absalom, my seun, my seun.”