2 SAMUEL 17:25
2 SAMUEL 17:25 Bybel vir almal (ABA)
Absalom het vir Amasa gekies en aangestel om die hoof van die leër te wees. Voorheen was Joab die hoof van die leër. Amasa was die seun van 'n man van die stad Jisreël. Die man se naam was Jitra. Jitra het geslaap by Abigal dogter van Nagas. Abigal was 'n suster van Seruja, Joab se ma.
2 SAMUEL 17:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Absalom het Amása in Joab se plek oor die leër aangestel; en Amása was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van Serúja, Joab se moeder.
2 SAMUEL 17:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Absalom het vir Amasa in Joab se plek oor die leër aangestel. Amasa was die seun van 'n sekere Ismaeliet Jeter wat gemeenskap gehad het met Abigal dogter van Nagas. Sy was 'n suster van Seruja, Joab se ma.
2 SAMUEL 17:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Absalom het Amasa oor die leër aangestel in Joab se plek. Amasa was die seun van 'n man met die naam Jeter, 'n Ismaeliet wat by Abigal ingegaan het. Sy was 'n dogter van Nagas, die suster van Seruja, die moeder van Joab.
2 SAMUEL 17:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Absalom het Amasa aangestel as leërowerste in die plek van Joab; en Amasa was 'n man se seun met die naam van Jitra, 'n Israeliet, wat ingegaan het by Abigail, die dogter van Nahas, die suster van Seruja, die moeder van Joab.