2 SAMUEL 17:2
2 SAMUEL 17:2 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal by hom kom wanneer hy moeg en moedeloos is, en ek sal hom groot laat skrik. Al die mense wat by hom is, sal vlug. Dan sal die koning alleen wees, en ek sal hom doodmaak.
2 SAMUEL 17:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.
2 SAMUEL 17:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en moedeloos is. Ek sal verwarring in sy geledere skep, sodat die hele volk wat by hom is, sal vlug en ek die koning kan doodmaak waar hy alleen is.
2 SAMUEL 17:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en moedeloos is. Ek sal hom die skrik op die lyf jaag, en dan sal al die mense by hom vlug. Ek sal die koning alleen neervel
2 SAMUEL 17:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal op hom afkom terwyl hy moeg en swak van hande is, en Ek sal hom verskrik; en al die mense wat by hom is, sal vlug; en ek sal net die koning verslaan.