2 SAMUEL 17:15-22
2 SAMUEL 17:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gusai het toe Sadok en Abjatar, die priesters, ingelig oor wat Agitofel gesê het en wat hy aanbeveel het. “Maak gou!” het hy gesê. “Laat weet vir Dawid dat hy nie vannag by die driwwe na die woestyn moet oornag nie. Hy moet dadelik deurtrek, anders kan hy en sy hele leër uitgewis word.” Jonatan en Agimaäs het by die Rogelfontein gewag. ’n Slavin het die boodskap vir koning Dawid aan hulle gebring, want iemand sou hulle dalk sien as hulle die stad binnegaan. Maar ’n jong seun het hulle tog gesien en het vir Absalom gaan sê. Hulle het egter weggekom en hulle na ’n huis in Bagurim gehaas. Die man het ’n put in sy binneplaas gehad en hulle het daarin gaan wegkruip. Die man se vrou het ’n doek oor die put gegooi en graan daarop gestrooi om in die son droog te word. Niemand sou hulle daar verwag nie. Toe Absalom se manne daar aankom, vra hulle vir die vrou: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het geantwoord: “Hulle het die spruit oorgesteek.” Absalom se manne het oral rond gesoek, maar kon hulle nie kry nie, en is terug na Jerusalem toe. Toe hulle weer weg is, het die twee jong manne uit die put geklim en hulle na Dawid toe gehaas. “Julle moet vannag nog gou die Jordaanrivier oorsteek!” sê hulle. Hulle vertel toe wat Agitofel aanbeveel het. Dawid en al sy mense het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek sodat hulle almal teen dagbreek aan die ander kant was.
2 SAMUEL 17:15-22 Bybel vir almal (ABA)
Gusai het vir die priesters Sadok en Abjatar gaan vertel van die plan wat Agitofel vir Absalom en die leiers van Israel gegee het. Gusai het ook vir hulle vertel wat sy eie plan was. Gusai het gesê Sadok en Abjatar moet vinnig vir Dawid 'n boodskap stuur en vir hom sê: “Jy moenie vannag by die Jordaan- driwwe slaap nie, jy moet deur die rivier gaan. As jy dit nie doen nie, dan sal Absalom se mense jou daar kry en hulle sal jou en die mense by jou almal doodmaak.” Jonatan en Agimaäs het by Rogel-fontein gewag, want hulle was bang dat die mense hulle in Jerusalem sal sien. 'n Slavin het vir hulle die boodskap gebring wat hulle vir koning Dawid moes bring. Maar 'n jongman het hulle gesien en hy het vir Absalom gaan vertel. Jonatan en Agimaäs het vinnig na 'n man se huis in die stad Bagurim gegaan. Daar was 'n put in die man se tuin, en hulle het in die put geklim. Die vrou het 'n doek styf oor die put getrek en sy het koringkorrels daaroor gegooi sodat niemand die put kon sien nie. Toe Absalom se manne by die vrou by haar huis kom, vra hulle vir haar waar Agimaäs en Jonatan is. Die vrou sê toe vir hulle: “Hulle het verbygegaan na die water.” Die manne het vir Agimaäs en Jonatan gaan soek, maar die manne kon hulle nie kry nie, en toe het die manne teruggegaan na Jerusalem. Nadat hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim en hulle het die boodskap vir koning Dawid gaan gee. Hulle het vir Dawid gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet vinnig deur die water gaan.” Hulle het vir Dawid gesê wat Agitofel se plan was. Dawid en al die mense wat by hom was, het gereedgemaak en hulle het deur die Jordaan-rivier begin gaan. Hulle het aangehou om deur te gaan totdat dit lig geword het. Almal was toe deur die Jordaan-rivier.
2 SAMUEL 17:15-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Húsai het aan Sadok en Ábjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai. Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig. Intussen het Jónatan en Ahímaäs by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie. Maar 'n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van 'n man in Bahúrim wat 'n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak. En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie. Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ahímaäs en Jónatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan. Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle raad gegee. Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.
2 SAMUEL 17:15-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Gusai die priesters Sadok en Abjatar ingelig: “Só het Agitofel vir Absalom en die volksleiers aangeraai, maar só was my raad. Stuur nou gou en laat weet vir Dawid hy moenie vannag in die woestynpas slaap nie. Hy moet beslis verder trek, anders word hy en sy hele leër uitgewis.” Omdat hulle nie in die stad gesien moes word nie, het Jonatan en Agimaäs ondertussen by Rogelfontein gewag. 'n Slavin het hulle gaan inlig, en hulle moes weer vir koning Dawid gaan inlig. 'n Jong seun het hulle egter gesien en Absalom daarvan vertel. Maar dié twee het weggeglip en by 'n man in Bagurim gaan wegkruip. In sy agterplaas was daar 'n put en hulle het daarin geklim. Sy vrou het 'n doek oor die put gespan en graan daar oor gegooi sodat niemand onraad kon merk nie. Absalom se manne het by die huis aangekom en vir die vrou gevra: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het hulle geantwoord: “Hulle is hiervandaan rivier se kant toe.” Nadat die manne tevergeefs gesoek het, is hulle terug Jerusalem toe. Toe hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim en vir Dawid gaan sê: “Trek gou deur die rivier, want Agitofel se raad is gevaarlik vir u.” Die koning en die hele volk by hom het klaargemaak en deur die Jordaan getrek tot ligdag, totdat almal deur die Jordaan was.
2 SAMUEL 17:15-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gusai het vir Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: “Dit is die raad wat Agitofel vir Absalom en die oudstes van Israel gegee het, en dit is die raad wat ek gegee het. Stuur dan nou gou iemand en laat weet vir Dawid, ‘Moenie die nag by die deurgaanplekke na die woestyn oorbly nie, maar trek beslis verder; anders word die koning en al die mense by hom verslind.’ ” Jonatan en Agimaäs het by En-Roghel gereed gestaan, en 'n slavin sou gaan en aan hulle die boodskap oordra. Hulle moes dan gaan en koning Dawid inlig. Hulle kon dit immers nie waag om die stad binne te gaan en sodoende gesien te word nie. Maar 'n jong man het hulle gesien en vir Absalom gaan vertel. Hulle twee het toe haastig padgegee en by die huis aangekom van 'n man in Bagurim wat 'n put in sy binnehof gehad het. Hulle het daarin afgeklim, en die vrou het 'n doek geneem, dit oor die opening van die put getrek en gort daarop uitgesprei, sodat niks opgemerk kon word nie. Toe Absalom se dienaars by die vrou in haar huis kom, vra hulle: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Maar die vrou het hulle geantwoord: “Hulle het deur die waterkuil gegaan.” Die dienaars het gesoek, maar niks gekry nie, en toe teruggegaan na Jerusalem. Nadat hulle weg is, het Agimaäs en Jonatan uit die put geklim, verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring. Hulle het vir Dawid gesê: “Maak gereed en gaan gou deur die water, want dit is die raad wat Agitofel oor julle gegee het.” Dawid en al die mense by hom het toe gereedgemaak en die Jordaan oorgesteek. Teen ligdag die oggend was daar nie een oor wat nie die Jordaan oorgesteek het nie.
2 SAMUEL 17:15-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Húsai vir Sadok en vir die priesters Abjatar: So en so het Agitofel vir Absalom en die oudstes van Israel raad gegee; en so en so het ek raad gegee. Stuur dan nou gou en sê vir Dawid en sê: Moenie vanaand in die vlaktes van die woestyn bly nie, maar trek gou deur; dat die koning nie verslind word en al die mense wat by hom is nie. En Jónatan en Ahimaäs het by Enrogel gebly; want hulle kon nie gesien word om in die stad in te kom nie en hulle het gegaan en dit aan koning Dawid vertel. Maar 'n seun het hulle gesien en dit vir Absalom vertel; maar hulle het albei vinnig weggegaan en by 'n man se huis in Bahurim gekom, wat 'n put in sy voorhof gehad het; waarheen hulle afgegaan het. En die vrou het geneem en 'n deksel oor die opening van die put uitgesprei en gemaalde koring daarop uitgesprei; en die saak was nie bekend nie. En toe die dienaars van Absalom by die vrou in die huis kom, sê hulle: Waar is Ahímaäs en Jónatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het oor die waterspruit gegaan. En toe hulle gesoek het en hulle nie kon kry nie, het hulle na Jerusalem teruggekeer. En nadat hulle weggetrek het, het hulle uit die put opgekom en gegaan en dit aan koning Dawid vertel en aan Dawid gesê: Staan op en trek gou oor die water, want so het Agitofel teen jou beraadslaag. Daarna het Dawid klaargemaak en al die manskappe wat by hom was, en hulle het deur die Jordaan getrek
2 SAMUEL 17:15-22 Die Boodskap (DB)
Gusai het vir Sadok en Abjatar, die twee priesters, gaan sê: “Dit is die raad wat Agitofel vir Absalom en die leiers van Israel gegee het en dit is die raad wat ek gegee het. Laat weet dadelik vir Dawid hy moenie vannag by die deurgaanplekke in die Jordaanvallei slaap nie. Hy moet deur die rivier gaan, anders is dit klaarpraat met die koning en die mense by hom.” Jonatan en Agimaäs het by Rogelfontein gewag, want niemand moes hulle in die stad sien nie. ’n Slavin sou vir hulle die boodskap bring, en hulle sou dit dan weer vir koning Dawid vat. Maar ’n jong seun het hulle gesien en dit vir Absalom gaan vertel. Jonatan en Agimaäs het so vinnig moontlik padgegee na die huis van iemand in Bagurim wat ’n put in sy binnehof gehad het. Hulle het in die put afgeklim en die vrou het ’n doek oor die put gespan. Sy het garsmeel op die doek gegooi en dit oopgekrap sodat niemand iets sou agterkom nie. Die manne van Absalom het in die vrou se huis ingegaan en vir haar gevra waar Agimaäs en Jonatan is. Sy het geantwoord: “Hulle is daar by die kraal verby af rivier toe.” Die manne het gesoek, maar niks gekry nie. Hulle is toe weer terug Jerusalem toe. Na hulle weg is, het Jonatan en Agimaäs uit die put geklim en vir koning Dawid gaan sê watter plan Agitofel vir Absalom gegee het, en dat hy daarom baie gou deur die rivier moes gaan. Dawid en al die mense by hom het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek. Die volgende môre toe dit lig word, was almal deur die rivier.
2 SAMUEL 17:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gusai het toe Sadok en Abjatar, die priesters, ingelig oor wat Agitofel gesê het en wat hy aanbeveel het. “Maak gou!” het hy gesê. “Laat weet vir Dawid dat hy nie vannag by die driwwe na die woestyn moet oornag nie. Hy moet dadelik deurtrek, anders kan hy en sy hele leër uitgewis word.” Jonatan en Agimaäs het by die Rogelfontein gewag. ’n Slavin het die boodskap vir koning Dawid aan hulle gebring, want iemand sou hulle dalk sien as hulle die stad binnegaan. Maar ’n jong seun het hulle tog gesien en het vir Absalom gaan sê. Hulle het egter weggekom en hulle na ’n huis in Bagurim gehaas. Die man het ’n put in sy binneplaas gehad en hulle het daarin gaan wegkruip. Die man se vrou het ’n doek oor die put gegooi en graan daarop gestrooi om in die son droog te word. Niemand sou hulle daar verwag nie. Toe Absalom se manne daar aankom, vra hulle vir die vrou: “Waar is Agimaäs en Jonatan?” Sy het geantwoord: “Hulle het die spruit oorgesteek.” Absalom se manne het oral rond gesoek, maar kon hulle nie kry nie, en is terug na Jerusalem toe. Toe hulle weer weg is, het die twee jong manne uit die put geklim en hulle na Dawid toe gehaas. “Julle moet vannag nog gou die Jordaanrivier oorsteek!” sê hulle. Hulle vertel toe wat Agitofel aanbeveel het. Dawid en al sy mense het daardie nag nog deur die Jordaanrivier getrek sodat hulle almal teen dagbreek aan die ander kant was.