2 SAMUEL 15:25-29
2 SAMUEL 15:25-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid beveel toe vir Sadok: “Neem die ark van God terug na die stad toe. As die HERE my genadig is, sal Hy my terugbring om weer die ark en die heiligdom te sien. Maar as Hy sê: ‘Ek is nie met jou tevrede nie,’ sal ek aanvaar wat Hy ook al besluit.” Die koning sê toe vir Sadok die priester: “Kyk, jy is mos ’n siener! Gaan vreedsaam terug stad toe, jy en jou seun Agimaäs en Jonatan seun van Abjatar. Jy sal sien dat ek by die driwwe na die woestyn toe wag totdat ek van julle hoor wat in Jerusalem gebeur.” Sadok en Abjatar het toe die ark van God na Jerusalem toe teruggeneem en daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Bybel vir almal (ABA)
Maar toe sê die koning vir Sadok: “Jy moet die kis van God terugneem na die stad. As die Here genadig is vir my en as Hy my laat terugkom, dan sal ek die kis en sy staanplek weer sien. Maar as die Here sê Hy hou nie van my nie, hier is ek, dan moet Hy met my doen wat Hy wil doen.” Die koning het ook vir die priester Sadok gesê: “Jy moet kyk wat gebeur. Gaan terug na die stad, jy moenie bekommerd wees nie. Jou seun Agimaäs en Abjatar se seun Jonatan is altwee by julle. Ek sal wag by die plek waar 'n mens deur die Jordaan-rivier na die woestyn kan gaan. Ek sal daar wag totdat julle vir my 'n boodskap stuur en vir my laat weet wat gebeur.” Sadok en Abjatar het die kis van God teruggeneem na Jerusalem en hulle het daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit en sy woning laat sien. Maar as Hy so sê: Ek het in jou geen behae nie — hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in sy oë. Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en Jónatan, die seun van Ábjatar, met julle saam. Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat daar 'n woord van julle kom om my in te lig. En Sadok en Ábjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die koning vir Sadok beveel: “Vat die ark van God terug stad toe. As die Here my dit vergun en my terugbring, sal Hy my die ark en sy heiligdom weer laat sien. Maar as die Here sou te kenne gee: ‘Ek is nie meer tevrede met jou nie,’ sal ek dit aanvaar. Dan kan Hy met my maak soos Hy dit goedvind.” Verder het die koning vir die priester Sadok gesê: “Sien jy hoe staan sake? Gaan gerus terug stad toe; ook jou seun Agimaäs en Jonatan seun van Abjatar. Die twee seuns moet saam met julle teruggaan. En onthou, ek sal by die woestynpas wag totdat ek van julle hoor.” Daarna het Sadok en Abjatar die ark van God na Jerusalem toe teruggevat en daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning sê toe vir Sadok: “Neem die ark van God terug na die stad. As ek guns vind in die oë van die HERE, sal Hy my laat terugkeer en my weer die ark en sy staanplek laat sien. Maar as Hy sou sê, ‘Ek is nie tevrede met jou nie,’ wel, ek is gereed; Hy kan met my doen wat goed is in sy oë.” Die koning het verder vir Sadok, die priester, gesê: “Sal jy op die uitkyk bly? Gaan in vrede terug na die stad, jy en jou seun Agimaäs, en Jonatan, seun van Abjatar – julle twee se seuns moet by julle wees. Wees op die uitkyk. Ek sal by die deurgaanplekke na die woestyn vertoef totdat daar van julle af berig kom om my op hoogte te bring.” Sadok en Abjatar het toe die ark van God teruggeneem na Jerusalem, en hulle het daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug na die stad; as ek guns vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring en my dit sowel as sy woonplek wys. Maar as hy so sê: Ek het geen behae in jou nie; kyk, hier is ek, laat hy aan my doen soos dit goed is in hom. Die koning het ook vir Sadok, die priester, gesê: Is jy nie 'n siener nie? keer in vrede terug na die stad, en jou twee seuns saam met jou, jou seun Ahímaäs en Jónatan, die seun van Abjatar. Kyk, ek sal vertoef in die vlakte van die woestyn totdat daar 'n woord van jou kom om my te verklaar. Daarom het Sadok en Abjatar die ark van God teruggebring na Jerusalem, en hulle het daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Die Boodskap (DB)
Die koning sê toe vir Sadok: “Vat die ark van God terug stad toe. Miskien sal die Here vir my goed wees en my laat terugkom sodat ek die ark en die plek waar hy staan, weer sal sien. As die Here besluit Hy wil my nie meer hê nie, is dit goed so. Hy kan dan maar met my maak wat Hy wil.” Dawid het ook vir die priester Sadok gesê: “Jy moet sake vir my dophou. Gaan rustig terug stad toe saam met Abjatar en julle twee seuns Agimaäs en Jonatan. Ek sal by die deurgaanplekke in die Jordaanvallei wag totdat julle vir my laat weet wat aangaan.” Sadok en Abjatar het die verbondsark van God teruggevat Jerusalem toe en daar gebly.
2 SAMUEL 15:25-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dawid beveel toe vir Sadok: “Neem die ark van God terug na die stad toe. As die HERE my genadig is, sal Hy my terugbring om weer die ark en die heiligdom te sien. Maar as Hy sê: ‘Ek is nie met jou tevrede nie,’ sal ek aanvaar wat Hy ook al besluit.” Die koning sê toe vir Sadok die priester: “Kyk, jy is mos ’n siener! Gaan vreedsaam terug stad toe, jy en jou seun Agimaäs en Jonatan seun van Abjatar. Jy sal sien dat ek by die driwwe na die woestyn toe wag totdat ek van julle hoor wat in Jerusalem gebeur.” Sadok en Abjatar het toe die ark van God na Jerusalem toe teruggeneem en daar gebly.