2 PETRUS 3:14-15
2 PETRUS 3:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, my vriende, terwyl julle wag dat hierdie dinge sal gebeur, moet julle heeltemal reg lewe. Julle moet probeer om nie dinge te doen waaroor julle skaam sal moet wees nie, en julle moet in vrede lewe. Julle moet ook weet dat ons Here geduldig is omdat Hy mense wil red. Hy het vir ons liewe vriend, Paulus, wysheid gegee, en Paulus het ook hierdie dinge vir julle geskryf.
2 PETRUS 3:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het
2 PETRUS 3:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe.
2 PETRUS 3:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, geliefdes, omdat julle hierdie dinge verwag, streef ernstig daarna om deur Hom in vrede, vlekkeloos en onberispelik bevind te word. En beskou die lankmoedigheid van ons Here as 'n geleentheid tot verlossing, soos ook ons geliefde broer Paulus, volgens die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het
2 PETRUS 3:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, geliefdes, terwyl julle na sulke dinge wag, beywer julle dat julle in vrede, vlekkeloos en onberispelik deur Hom bevind mag word. En reken dat die lankmoedigheid van onse Here redding is; soos ons geliefde broeder Paulus ook volgens die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het
2 PETRUS 3:14-15 Die Boodskap (DB)
My liewe broers en susters, omdat julle uitsien na alles wat in God se nuwe wêreld op julle wag, moet julle julle bes doen om so te leef dat julle God se hart altyd bly maak. Daar moenie eens ’n vuil kolletjie sonde in julle lewens te sien wees nie. Sorg dat julle eendag in vrede voor Hom kan staan, sonder enige skuldige gewetens. Die Here is baie geduldig met ons. Gelukkig! Hy gee ons nog ’n kans om ons lewens behoorlik reg te kry. Kom ons gryp dit met albei hande aan. Dit is presies wat Paulus, daardie broer van ons vir wie ons almal so lief is, ook vir julle geskryf het.
2 PETRUS 3:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom, geliefdes, terwyl julle wag dat hierdie dinge gebeur, moet julle hard werk om vlekkeloos en sonder fout deur God bevind te word. Lewe in vrede met God. En onthou: Die Here se geduld is ’n geleentheid om verlos te word. Dis presies soos Paulus, ons geliefde broer, aan julle geskryf het met die wysheid wat God hom gegee het.