2 PETRUS 2:20
2 PETRUS 2:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besoedelinge van die wêreld ontvlug het, hulle weer daarin verstrik en oorwin word, is die laaste einde vir hulle erger as die begin.
2 PETRUS 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Die vals leermeesters het voorheen die vuil dinge van die wêreld gedoen, maar hulle het dit gelos omdat hulle ons Here en Redder Jesus Christus goed leer ken het. Maar toe het hulle weer die vuil dinge begin doen en hulle het slawe geword van daardie vuil dinge. Wanneer dit gebeur, dan is hulle nog slegter as wat hulle voorheen was.
2 PETRUS 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
2 PETRUS 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mense wat van die besmettinge van die wêreld vrygekom het deurdat hulle ons Here en Verlosser, Jesus Christus, leer ken het, en wat weer daarin vasgevang en daardeur oorweldig word, is aan die einde slegter daaraan toe as aan die begin.
2 PETRUS 2:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trouens, as mense, nadat hulle deur die kennis van ons Here en Verlosser Jesus •Christus aan die besoedeling van die wêreld ontsnap het, tog weer daarin verstrik raak, en daaraan toegee, is die einde vir hulle slegter as die begin.
2 PETRUS 2:20 Die Boodskap (DB)
Wanneer mense uit die gemors van hierdie sondige wêreld gekom het nadat hulle ons Here en Redder, Jesus Christus, leer ken het, en hulle val daarna weer terug in al hulle sondes, is hulle uiteindelik slegter daaraan toe as aan die begin.
2 PETRUS 2:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En as mense ontsnap het van die besmettings van die wêreld deurdat hulle ons Here en Verlosser, Jesus Christus, leer ken het, en hulle weer daarin vasgevang en daaraan verslaaf word, dan is hulle aan die einde slegter daaraan toe as aan die begin.