2 PETRUS 2:15
2 PETRUS 2:15 Bybel vir almal (ABA)
Die vals leermeesters doen hierdie dinge omdat hulle opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hulle het gedoen wat Bileam seun van Bosor gedoen het. Bileam was baie lief vir geld en daarom het hy verkeerde dinge gedoen om die beloning te kry.
2 PETRUS 2:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het
2 PETRUS 2:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het die reguit pad verlaat en verdwaal geraak. Hulle het die weg gevolg van Bileam seun van Beor wat daarop uit was om vir geld onreg te pleeg
2 PETRUS 2:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat hulle die reguit pad verlaat het, het hulle verdwaal, en hulle begewe op die pad van Bileam, die seun van Bosor, wat lief was vir onregmatige loon.
2 PETRUS 2:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat die regte weg verlaat en gedwaal het, die weg van Bíleam, die seun van Bosor, wat lief was vir die loon van ongeregtigheid