2 PETRUS 1:12
2 PETRUS 1:12 Die Boodskap (DB)
Al weet julle alles wat ek vir julle gesê het, moet ek julle altyd weer van voor af daaraan herinner. Ook al staan julle vas in die Here se waarheid, moet ek nog ’n slag vir julle sê hoe om tot eer van die Here te leef.
2 PETRUS 1:12 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet hierdie dinge en julle is baie seker dat dit die waarheid is wat julle oor Christus gehoor het. Maar ek sal aanhou om vir julle te sê dat julle moet onthou wat ek hier vir julle geskryf het.
2 PETRUS 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is.
2 PETRUS 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner, al weet julle dit en al staan julle reeds vas in die waarheid wat aan julle bekend gemaak is.
2 PETRUS 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sal ek julle altyd aan hierdie dinge bly herinner, al weet julle dit reeds, en al is julle reeds stewig in die bestaande waarheid gevestig.
2 PETRUS 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd aan hierdie dinge te herinner nie, al weet julle dit en staan vas in die huidige waarheid.