2 KONINGS 6:20
2 KONINGS 6:20 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle in Samaria kom, het Elisa gebid: “Here, maak nou hierdie manne se oë oop sodat hulle kan sien.” Die Here het dit gedoen, en toe hulle kyk, was hulle binne-in Samaria.
2 KONINGS 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En by hulle aankoms in Samaría, sê Elísa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría!
2 KONINGS 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle in Samaria kom, sê Elisa: “Here, maak hierdie mense se oë oop dat hulle kan sien.” Toe die Here hulle oë oopmaak en hulle kyk, toe is hulle binne-in Samaria!
2 KONINGS 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en toe hulle in Samaria kom, sê Elisa: “HERE, maak hierdie mense se oë oop, sodat hulle kan sien.” Die HERE het hulle oë oopgemaak, en hulle sien toe hulle is sowaar binne-in Samaria!
2 KONINGS 6:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle in Samaria aankom, het Elísa gesê: HERE, open die oë van hierdie manne, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, en hulle sien; en kyk, hulle was in die middel van Samaria.