2 KONINGS 20:1
2 KONINGS 20:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In daardie dae was Hiskia tot die dood toe siek. Toe kom die profeet Jesaja, die seun van Amos, na hom en sê vir hom: So spreek die HERE: Maak reg in jou huis; want jy sal sterwe en nie lewe nie.
2 KONINGS 20:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ongeveer hierdie tyd het Hiskia dodelik siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het hom gaan besoek. Hy gee toe hierdie boodskap aan die koning: “Dit is wat die HERE sê: Kry jou sake in orde, want jy gaan sterf. Jy sal nie bly leef nie.”
2 KONINGS 20:1 Bybel vir almal (ABA)
Koning Hiskia het in daardie tyd baie siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Jy moet vir jou familie sê wat jy wil hê hulle moet doen, want jy sal sterf, jy sal nie gesond word nie.”
2 KONINGS 20:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
2 KONINGS 20:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”