2 KONINGS 17:21-23
2 KONINGS 17:21-23 Die Boodskap (DB)
Toe die Here destyds vir Israel van die koninkryk van Dawid laat wegbreek het, het hulle Jerobeam, die seun van Nebat, koning gemaak. Hy het die Israeliete van die Here af weggelei en hulle afgode laat dien. Hulle het net nooit opgehou om soos Jerobeam die afgode te dien nie, totdat die Here besluit het om hulle te verwerp. Dít is waaroor die profete, sy dienaars, Israel altyd gewaarsku het. Israel is toe weggeneem na die Assiriërs se land toe en dit is waar hulle vandag nog is.
2 KONINGS 17:21-23 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die Here het Israel afgeskeur van die koningshuis van Dawid, en die mense van Israel het vir Jerobeam seun van Nebat koning gemaak. Jerobeam het die mense van Israel laat ophou om gehoorsaam te wees aan die Here, hy het hulle 'n groot sonde laat doen. Die mense van Israel het al die sondes gedoen wat Jerobeam gedoen het. Hulle het aangehou om dit te doen, totdat die Here die mense van Israel weggegooi het. Die Here het hulle voorheen gewaarsku dat Hy dit sal doen toe Hy al sy dienaars die profete na hulle toe gestuur het. Die vyande het die mense van Israel gevang en weggevat uit hulle land, en die mense van Israel is vandag nog in Assirië.
2 KONINGS 17:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen. En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie; totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.
2 KONINGS 17:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het Israel afgeskeur van die koningshuis van Dawid, sodat hulle Jerobeam seun van Nebat koning gemaak het. Jerobeam het Israel van die Here losgemaak en hulle tot vreeslike sondes verlei. Die Israeliete het volhard in al die sondes wat Jerobeam gedoen het; hulle het dit nie laat vaar nie. Uiteindelik het die Here hulle laat vaar soos Hy hulle deur al sy dienaars, die profete, gewaarsku het. Hy het Israel uit sy land na Assirië toe laat wegvoer, waar hulle vandag nog is.
2 KONINGS 17:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jerobeam, seun van Nebat, koning gemaak. Jerobeam het Israel van die HERE af weggedryf en hulle groot sonde laat doen. Die Israeliete het al die sondes wat Jerobeam gedoen het, nagevolg. Hulle het nie daarvan afgewyk nie, totdat die HERE Israel uit sy teenwoordigheid verwyder het, soos wat Hy by monde van al sy diensknegte, die profete, gespreek het. Israel is van sy grond af weggevoer na Assirië; dit is vandag nog so.
2 KONINGS 17:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hy het Israel van die huis van Dawid geskeur; en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak, en Jeróbeam het Israel agter die HERE weggedryf en hulle 'n groot sonde laat doen. Want die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het; hulle het nie van hulle gewyk nie; Totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het, soos Hy deur al sy dienaars, die profete, gesê het. So is Israel dan uit hulle land weggevoer na Assirië tot vandag toe.
2 KONINGS 17:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want toe Hy Israel van die koninkryk van Dawid afgeskeur het, het hulle Jerobeam seun van Nebat koning oor hulle gemaak. Maar Jerobeam het Israel weggelok van die HERE af en hulle baie laat sondig. Die Israeliete het volgehou met al die sondes van Jerobeam en dit nie gestaak nie. Uiteindelik het die HERE hulle finaal verwyder, net soos Hy deur al sy dienaars die profete gewaarsku het. Israel is uit hulle land weggevoer na Assirië toe, waar hulle vandag nog is.