2 KONINGS 17:20
2 KONINGS 17:20 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê die hele nageslag van Israel behoort nie meer aan Hom nie. Die Here het hulle laat swaarkry en Hy het mense in die land laat kom wat hulle goed kom vat het. En toe het die Here hulle heeltemal weggegooi.
2 KONINGS 17:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het die HERE die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.
2 KONINGS 17:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom het die Here die hele nageslag van die aartsvader Israel verwerp. Die Here het hulle verdruk deur hulle oor te gee in die mag van plunderaars totdat Hy hulle finaal verwerp het.
2 KONINGS 17:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het die hele nageslag van Israel verwerp. Hy het hulle verneder en in die hand van plunderaars oorgegee, totdat Hy hulle uit sy teenwoordigheid uitgeban het.
2 KONINGS 17:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het die hele geslag van Israel verwerp en hulle verdruk en hulle in die hand van verwoesters oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.