2 JOHANNES 1:7-11
2 JOHANNES 1:7-11 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie mense wat weggegaan het van ons en wat leuens vertel in die wêreld. Hulle sê hulle glo nie dat Jesus Christus regtig 'n mens was nie. Iemand wat so iets sê, lieg. Hy is die antichris. Julle moet versigtig wees! As julle nie versigtig is nie, sal julle alles verloor waarvoor ons gewerk het. As julle versigtig is en dit nie verloor nie, dan sal God die hele beloning vir julle gee. Daar is mense wat anders glo as wat Christus vir ons geleer het. Hulle het nie vir God in hulle harte nie. Maar almal wat aanhou glo wat Christus vir ons geleer het, het die Vader en die Seun in hulle harte. As daar mense by julle aankom en hulle wil vir julle iets anders leer as wat Christus geleer het, dan moet julle sê hulle mag nie in julle huise inkom nie. Julle moenie vir hulle sê hulle is welkom nie, want as julle sê dat hulle welkom is, dan doen julle ook slegte dinge soos hulle.
2 JOHANNES 1:7-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang. Elkeen wat 'n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hý het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
2 JOHANNES 1:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier”, “die antichris”, bedoel. Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang. Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun. As daar iemand na julle toe kom wat 'n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.
2 JOHANNES 1:7-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want baie verleiers het in die wêreld na vore gekom – dié wat nie bely dat Jesus •Christus as mens gekom het nie. So iemand is die verleier en die Antichris. Let daarop dat julle nie verloor wat ons deur harde werk verkry het nie, maar eerder 'n volle loon ontvang. Elkeen wat nie by die leer van Christus bly nie, maar verder as dit wil gaan, het God nie; wie by die leer bly, so iemand het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en nie hierdie leer oordra nie, moet julle hom nie in julle huis ontvang nie, en hom nie groet nie. Want wie hom groet, het aandeel aan sy bose werke.
2 JOHANNES 1:7-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want baie verleiers het in die wêreld ingekom, wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is 'n bedrieër en 'n antichris. Pas op vir julleself dat ons nie verloor wat ons gedoen het nie, maar dat ons 'n volle beloning ontvang. Elkeen wat oortree en nie in die leer van Christus bly nie, het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het sowel die Vader as die Seun. As daar iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in julle huis nie, en smeek hom nie gou nie. Want hy wat hom beveel om te spoed, het deel aan sy bose dade.
2 JOHANNES 1:7-11 Die Boodskap (DB)
Nou iets anders. Pas op! Die wêreld is vol mense wat ander om die bos wil lei. Hulle ontken dat Jesus Christus regtig mens van vlees en bloed geword het. Iemand wat so sê, is die misleier en die antichris. Wees daarom op julle hoede. Moenie toelaat dat ons werk onder julle ontspoor nie. Julle moet mos nog die volle beloning van God ontvang. Daar is dus twee moontlikhede: Iemand kan vierkant agter die leer oor Jesus bly staan en so aan die kant van die Vader en die Seun bly staan. Iemand kan in ’n ander rigting koers kry en nie vas bly staan by die leer oor Jesus nie. So ’n persoon staan nie aan die kant van God nie. Veronderstel daar daag iemand by julle op en vertel julle allerhande snaakse dinge oor Jesus Christus, wat moet julle doen? Moenie hom in julle huis innooi nie. Om die waarheid te sê, julle moet hom nie eens groet nie. Moet glad nie die idee skep dat julle iets met hom te doen wil hê nie. Deur hom bloot te groet sê jy eintlik al: “Ek en jy is goeie vriende. Ek is deel van al die slegte en verkeerde dinge wat jy doen en sê.”
2 JOHANNES 1:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Baie verleiers het die wêreld binnegedring. Hulle hou aan ontken dat Jesus Christus ’n ware mens van vleis en bloed geword het. So ’n persoon is die verleier en die antichris. Wees op die uitkyk vir sulke mense sodat ons nie sal verloor waarvoor ons baie hard gewerk het nie, maar eerder die volle beloning sal ontvang. Elkeen wat die leer aangaande Christus verander, het nie deel aan God nie. Wie in ’n hegte verbintenis met dié leer leef, het deel aan die Vader en die Seun. As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie. Elkeen wat hom groet, vereenselwig hom met daardie persoon se bose optrede.