2 KORINTIËRS 9:8-10
2 KORINTIËRS 9:8-10 Bybel vir almal (ABA)
God kan vir julle baie goeie dinge gee, sodat julle meer as genoeg sal hê. En dan sal julle altyd genoeg hê van alles wat julle nodig het. Maar dan sal julle ook meer as genoeg hê om te gee vir mense wat nie genoeg het nie. In die Ou Testament is geskryf: Hy gee graag, hy gee vir die arm mense, hy doen wat God wil hê, en hy hou nooit op nie. God is die Een wat saad gee vir die persoon wat saai, en Hy gee kos om te eet. Hy sal ook vir julle saad gee en Hy sal dit meer laat word. As julle doen wat God wil hê, dan sal Hy dit meer en meer laat word.
2 KORINTIËRS 9:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid. En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem
2 KORINTIËRS 9:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Daar staan ook geskrywe: “Hy deel uit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig.” God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.
2 KORINTIËRS 9:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle altyd in elke opsig selfversorgend kan wees, en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk. Soos daar geskryf staan: “Hy het wyd uitgestrooi; Hy het aan die armes gegee; sy •geregtigheid bly vir ewig.” En Hy wat saad aan die saaier voorsien en ook brood as voedsel, sal aan julle saad verskaf en dit vermeerder, en Hy sal die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.
2 KORINTIËRS 9:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God is magtig om alle genade oorvloedig oor jou te laat wees; sodat julle, wat altyd in alles genoegsaam is, oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. (Soos geskrywe is: Hy het verstrooi, Hy het aan die armes gegee; sy geregtigheid bly vir ewig. En hy wat saad bedien vir die saaier, bedien ook brood vir jou voedsel en vermeerder jou saad wat gesaai is, en vermeerder die vrugte van jou geregtigheid.)
2 KORINTIËRS 9:8-10 Die Boodskap (DB)
God laat julle in al sy goedheid deel. Nee, eintlik oorlaai Hy julle met sy genade sodat julle altyd oorgenoeg van alles het. Julle het geen gebrek op geestelike of materiële gebied nie. Daarom kan julle altyd goed doen en ander mense help. Ja, julle lewe kan regtig oorloop van vrygewigheid en goeie werke. Hoor net wat een van die psalms hieroor sê: “Iemand wat God liefhet, klou nooit krampagtig aan sy besittings vas nie. Hy deel dit met die armes. Hy hou nooit op om goed te doen nie.” God is baie goed vir ons almal. Hy sorg dat daar elke jaar goeie oeste op die lande is en dat daar altyd genoeg brood op die tafel is om te eet. Net so sal Hy ook vir julle die regte soort saad gee om te saai en sorg dat dit baie vrug dra.
2 KORINTIËRS 9:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee so-dat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk. Soos daar geskryf staan: “Hy het uitgedeel en gegee aan die armes; sy goedhartigheid bly vir altyd staan.” God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.