2 KORINTIËRS 9:6-7
2 KORINTIËRS 9:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
2 KORINTIËRS 9:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet onthou: As iemand min saai, dan kry hy min, en as hy baie saai, dan kry hy baie. Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit het. Dit moenie vir hom swaar wees om te gee nie, en hy moenie gee omdat iemand sê hy móét gee nie. Onthou, God is lief vir mense wat bly is wanneer hulle gee.
2 KORINTIËRS 9:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
2 KORINTIËRS 9:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.
2 KORINTIËRS 9:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die punt is: Wie karig saai, sal karig oes; en wie oorvloedig saai, sal oorvloedig oes. Laat elkeen gee soos hy vooraf in sy hart besluit het – nie met droefheid of onder dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
2 KORINTIËRS 9:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dit sê Ek: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en hy wat volop saai, sal ook volop maai. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorneem; nie teësinnig of uit nood nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
2 KORINTIËRS 9:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek gaan nie aan julle voorskryf hoeveel julle moet gee nie, maar ek gee wel vir julle die volgende riglyn: ’n boer wat min plant, kry ’n klein oes, en ’n boer wat baie plant, kry ’n groot oes. Gaan besluit nou self hoeveel julle wil gee. Moenie ’n klomp geld gee en dan na die tyd daaroor spyt kry nie. Moet ook nie verplig voel om iets te gee nie. Onthou wat die Bybel sê: God is lief vir mense wat hulle geld met blydskap weggee.