2 KORINTIËRS 8:5
2 KORINTIËRS 8:5 Bybel vir almal (ABA)
Maar hulle het baie meer gedoen as wat ons gehoop het. Hulle het die belangrikste ding eerste gedoen: Hulle het hulleself vir die Here en vir ons gegee. Dít is soos God wil hê.
2 KORINTIËRS 8:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God
2 KORINTIËRS 8:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil.
2 KORINTIËRS 8:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons.
2 KORINTIËRS 8:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het hulle gedoen, nie soos ons gehoop het nie, maar hulle het eers hulleself aan die Here gegee en aan ons deur die wil van God.
2 KORINTIËRS 8:5 Die Boodskap (DB)
Ek het glad nie vir die Christene in Masedonië gevra om geld vir die kollekte te gee nie. Hulle het dit uit hulle eie gedoen. Omdat hulle hulle lewe volledig aan die Here gegee het, was dit baie maklik vir hulle om hulle geld tot my beskikking te stel. So het hulle presies volgens God se wil opgetree.