2 KORINTIËRS 5:9-10
2 KORINTIËRS 5:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Daarom probeer ons om só te lewe dat die Here tevrede sal wees met ons terwyl ons in ons liggame woon en ook wanneer ons nie meer in ons liggame woon nie. Want Christus sal ons almal eendag oordeel wanneer ons voor sy regterstoel staan. Dan sal elke persoon kry wat hy moet kry. As iemand goeie dinge gedoen het terwyl hy hier op die aarde gelewe het, dan sal hy goeie dinge kry. As iemand slegte dinge gedoen het, dan sal hy slegte dinge kry.
2 KORINTIËRS 5:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
2 KORINTIËRS 5:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil. Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.
2 KORINTIËRS 5:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, of ons reeds inwoon, of nog nie inwoon nie, streef ons daarna om vir Hom welgevallig te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van •Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in sy liggaamlike bestaan gedoen het, of dit goed of kwaad was.
2 KORINTIËRS 5:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom arbei ons, of ons aanwesig of afwesig is, deur Hom aangeneem kan word. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn; sodat elkeen kan ontvang wat in sy liggaam gedoen is volgens wat hy gedoen het, of dit goed of sleg is.
2 KORINTIËRS 5:9-10 Die Boodskap (DB)
Maar op die ou end gaan dit nie oor wat ons wil hê nie. Al wat saak maak, is dat ons doen wat God van ons vra, of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld. Ons almal moet in elk geval voor Christus se regterstoel gaan staan. Op die laaste dag sal Hy sy uitspraak lewer oor alles wat ons tydens hierdie lewe gedoen het. Ons sal dan beloon word volgens dit wat ons gedoen het, goed of sleg.
2 KORINTIËRS 5:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons streef in elk geval daarna, of ons nou ook al hier tuis is of nie, om Hom tevrede te stel. Ons almal moet voor die regbank van Christus verskyn sodat elkeen van ons kan ontvang volgens wat ons in ons aardse liggaam gedoen het, of dit goed en of dit sleg was.