2 KORINTIËRS 5:6-9
2 KORINTIËRS 5:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in die liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is; want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie. Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon. Ons streef in elk geval daarna, of ons nou ook al hier tuis is of nie, om Hom tevrede te stel.
2 KORINTIËRS 5:6-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar ons glo en vertrou altyd. Ons weet dat ons nog nie by die Here woon terwyl ons in ons liggame woon nie. Ons moet glo terwyl ons hier op die aarde lewe. Ons sien nog nie alles soos dit sal wees nie. Maar ons glo en vertrou en ons verlang daarna om nie meer in ons liggame te woon nie, ons verlang om by die Here te woon. Daarom probeer ons om só te lewe dat die Here tevrede sal wees met ons terwyl ons in ons liggame woon en ook wanneer ons nie meer in ons liggame woon nie.
2 KORINTIËRS 5:6-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon. Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie. Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.
2 KORINTIËRS 5:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon. Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil.
2 KORINTIËRS 5:6-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom is ons altyd vol moed, al weet ons dat, terwyl ons nog in die aardse liggaam woon, ons nie by die Here woon nie; want ons leef deur geloof, nie deur aanskoue nie. Ons bly egter vol moed, al verkies ons om eerder uit die liggaam te verhuis en by die Here te woon. Daarom, of ons reeds inwoon, of nog nie inwoon nie, streef ons daarna om vir Hom welgevallig te wees.
2 KORINTIËRS 5:6-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom is ons altyd vol vertroue, omdat ons weet dat, terwyl ons in die liggaam tuis is, ons van die Here afwesig is. (Want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie:) Ons is vol vertroue, sê ek, en ons is liewer gewillig om van die liggaam afwesig te wees en by die Here teenwoordig te wees. Daarom arbei ons, of ons aanwesig of afwesig is, deur Hom aangeneem kan word.
2 KORINTIËRS 5:6-9 Die Boodskap (DB)
Ons raak glad nie moedeloos nie. Ons weet dat terwyl ons nog in hierdie aardse liggaam leef, ons nog nie by die Here is nie. Maar ons glo met alles in ons dat ons daarheen op pad is, ook al sien ons nog niks van hierdie nuwe lewe nie. Ons is daarom vol moed. Natuurlik sal ons sommer nou dadelik hier wou padgee en by die Here gaan bly. Maar op die ou end gaan dit nie oor wat ons wil hê nie. Al wat saak maak, is dat ons doen wat God van ons vra, of ons nou hier bly, of daar in die hemelse wêreld.