2 KORINTIËRS 5:5-7
2 KORINTIËRS 5:5-7 Die Boodskap (DB)
God is besig om ons gereed te maak vir hierdie nuwe lewe wat op ons wag. Om te verseker dat ons veilig by Hom sal aankom, het Hy sy Gees aan ons gegee. Die Heilige Gees is die waarborg dat God sy woord sal hou. Ons raak glad nie moedeloos nie. Ons weet dat terwyl ons nog in hierdie aardse liggaam leef, ons nog nie by die Here is nie. Maar ons glo met alles in ons dat ons daarheen op pad is, ook al sien ons nog niks van hierdie nuwe lewe nie.
2 KORINTIËRS 5:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Dit is God wat ons gereedgemaak het om dadelik te verander. Hy het sy Gees vir ons gegee, en so weet ons dat God vir ons alles sal gee wat Hy vir ons belowe het. Maar ons glo en vertrou altyd. Ons weet dat ons nog nie by die Here woon terwyl ons in ons liggame woon nie. Ons moet glo terwyl ons hier op die aarde lewe. Ons sien nog nie alles soos dit sal wees nie.
2 KORINTIËRS 5:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon. Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
2 KORINTIËRS 5:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee. Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.
2 KORINTIËRS 5:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat ons juis hiervoor voorberei het, is God, wat aan ons die Gees as waarborg gegee het. Daarom is ons altyd vol moed, al weet ons dat, terwyl ons nog in die aardse liggaam woon, ons nie by die Here woon nie; want ons leef deur geloof, nie deur aanskoue nie.
2 KORINTIËRS 5:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy wat ons daarvoor bewerk het, is God, wat ook aan ons die ywer van die Gees gegee het. Daarom is ons altyd vol vertroue, omdat ons weet dat, terwyl ons in die liggaam tuis is, ons van die Here afwesig is. (Want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie:)
2 KORINTIËRS 5:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy wat ons hiervoor gereedgemaak het, is God. Hy het aan ons die deposito van die Gees as waarborg gegee. Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in die liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is; want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie.