2 KORINTIËRS 4:11-14
2 KORINTIËRS 4:11-14 Bybel vir almal (ABA)
God laat vir ons wat nog lewe, altyd so swaar kry dat ons amper sterf, want ons doen Jesus se werk. Maar wanneer julle sien hoe ons lewe, dan wys God dat Jesus lewe, Hy wys dit vir ons wat eendag moet sterf. Daarom, terwyl ons altyd veg teen die dood, kry julle die lewe. In die Ou Testament is geskryf: Ek het geglo, daarom het ek gepraat. Ons het ook die Heilige Gees wat ons laat glo. Ons glo, en daarom praat ons. God het die Here Jesus weer laat lewe. Ons weet dat God vir ons ook weer sal laat lewe soos Hy vir Jesus laat lewe het. God sal ons saam met julle voor Hom bring, ons sal wees waar Hy is.
2 KORINTIËRS 4:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle. En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het — soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek — glo ons ook, daarom spreek ons ook. Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.
2 KORINTIËRS 4:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word. Dit beteken dat in ons die dood aan die werk is, maar in julle die lewe. Daar staan in die Skrif: “Ek het geglo, daarom het ek gepraat.” Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook. Ons weet immers dat God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek en ons saam met julle voor sy troon sal stel.
2 KORINTIËRS 4:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons wat leef, word voortdurend aan die dood uitgelewer ter wille van Jesus, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle. Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, “Ek het geglo, daarom het ek gepraat” – glo ons ook, en daarom praat ons. Ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek, en julle voor Hom sal stel.
2 KORINTIËRS 4:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons wat lewe, word altyd ter wille van Jesus aan die dood oorgelewer, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in jou. Ons het dieselfde gees van geloof, soos geskrywe is: Ek het geglo, en daarom het ek gespreek; ons glo ook, en daarom praat ons; Omdat Hy weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en ons saam met julle sal stel.
2 KORINTIËRS 4:11-14 Die Boodskap (DB)
Terwyl ek lewe, word ek altyd aan die dood uitgelewer omdat ek in Jesus glo. Tog vloei die krag van Jesus se nuwe lewe ook heeltyd deur my sterflike liggaam. In my lewe werk die dood, maar dit het vir julle die lewe gebring. Al my swaarkry en lyding is die moeite werd: dit het gemaak dat julle nou nuwe mense is in God se oë. Die Heilige Gees werk deur ons almal. Dit is Hy wat ons laat glo. Ons doen daarom maar net wat een van die psalms sê: “Omdat ek in God glo, praat ek oor Hom.” Ons glo in Jesus; daarom is ons ook bereid om oor Hom te praat. Ons weet dat God ons Here Jesus lewendig gemaak het en dat Hy ons ook eendag weer lewendig sal maak. Op daardie dag sal ons almal saam voor sy troon staan.
2 KORINTIËRS 4:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe. Omdat ons dieselfde geloofsgesindheid het as waarvan daar geskryf staan: “Ek het geglo; daarom het ek gepraat,” glo ons steeds en daarom hou ons ook aan met preek. Ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek om ons saam met julle voor Hom te stel.