2 KORINTIËRS 4:1-2
2 KORINTIËRS 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het Hom oor ons ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos nie. Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk nie en ons vervals nie die woord van God nie. Inteendeel, ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God 'n eerlike gewete het.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Bybel vir almal (ABA)
God was baie goed vir ons, Hy het vir ons die werk gegee om die boodskap te bring dat Jesus Christus die Here is. Daarom word ons nie moedeloos nie. Ons het voorheen dinge gedoen wat ander mense nie mag sien nie, dinge waaroor ons skaam moet wees, maar nou doen ons dit nie meer nie. Ons bedrieg niemand nie en ons maak nie die boodskap van God vals nie. Ons sê duidelik wat die waarheid is. Elke mens wat weet wat is reg en wat is verkeerd, kan vir ons vertrou. God sien alles wat ons doen.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAAROM, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie. Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het Hom oor ons ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos nie. Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk nie en ons vervals nie die woord van God nie. Inteendeel, ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God 'n eerlike gewete het.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die ontferming wat aan ons betoon is, gee ons nie moed op nie. Ons het egter afstand gedoen van geheime skandelike dinge, en tree nie slinks op, of verdraai die Woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons onsself voor God aan by die gewete van elke mens.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aangesien ons dan hierdie bediening het, soos ons barmhartigheid ontvang het, word ons nie beswyk nie; Maar jy het die verborge dinge van oneerlikheid verloën, nie in listigheid gewandel en die woord van God nie bedrieglik hanteer nie; maar deur die openbaarmaking van die waarheid ons aan elke mens se gewete voor God op te beveel.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Die Boodskap (DB)
God is baie goed vir my. Hy het my aangestel as sy dienaar om die goeie nuus oor Christus te gaan oorvertel. Daarom kry probleme my nooit onder nie. Ek bly weg van al daardie lelike dinge wat mense in die geheim aanvang. Ek bedrieg nooit ander mense nie. En ek verdraai nie God se woord om by my eie sienings te pas nie. Inteendeel. Ek praat oop en bloot oor die waarheid. Mense kan daarom elke woord glo wat ek in die teenwoordigheid van God uitspreek.
2 KORINTIËRS 4:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom dan, terwyl ons deur God se genade hierdie bediening ontvang het, gooi ons nooit die handdoek in nie. Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ’n mens skaam maak. Ons leefstyl is nie dié van misleiding of om die woord van God te verdraai nie. Inteendeel, met die bekendmaking van die waarheid, beveel ons onsself aan by elkeen wat ’n eerlike gewete voor God het.