2 KORINTIËRS 3:7-13
2 KORINTIËRS 3:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heerlikheid gekom het, hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees geskied, dan nie wees nie? Die bediening waardeur die mense veroordeel word, het met heerlikheid gekom, maar die bediening waardeur die mense vrygespreek word, oortref dit verreweg in heerlikheid. Ons kan sê dat die heerlikheid van vroeër nie te vergelyk is met die alles oortreffende heerlikheid van nou nie. As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter. Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons met groot vrymoedigheid op. Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Bybel vir almal (ABA)
Die werk wat Moses moes doen, het mense laat sterf. God het die letters van daardie werk op plat klippe geskryf. Moses se werk was om die wette van God die Koning na die volk toe te neem. Daarom kon die Israeliete nie na Moses se gesig kyk nie, sy gesig het te veel geblink. Moses se werk het 'n wonderlike ding laat gebeur, maar dit gebeur nou nie meer nie. Die werk van die Gees kan baie meer wonderlike dinge laat gebeur. Die werk wat vir mense straf gebring het, het wonderlike dinge laat gebeur, maar die werk wat vir mense vryspreek, sal nog baie meer wonderlike dinge laat gebeur. Dit sal die beste van alles wees. Ja, die werk wat Moses gedoen het, het wonderlike dinge laat gebeur, maar nou is dit nie meer so nie. Dit is omdat die werk van die Gees baie meer wonderlike dinge laat gebeur. Die werk van Moses wat nou verby is, het wonderlike dinge laat gebeur, maar die werk van die Gees wat nou gekom het en wat altyd sal bly, sal baie meer wonderlike dinge laat gebeur. Ons is baie seker dat daar nou 'n nuwe verbond is. Daarom is ons nie bang om te preek nie. Moses het 'n sluier oor sy gesig gesit, maar ons doen nie dieselfde nie. Moses het dit gedoen sodat die Israeliete nie kon sien dat die tyd van die verbond amper verby is nie.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid. Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; nie soos Moses nie, wat 'n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wet wat in letters op klip gegraveer is, het in heerlikheid gekom. Hierdie heerlikheid, wat tog gou sou verdwyn, het op die gesig van Moses so geskitter dat die Israeliete nie na hom kon bly kyk nie. As die bediening wat tot die dood lei, met soveel heerlikheid gekom het, hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees geskied, dan nie wees nie? Die bediening waardeur die mense veroordeel word, het met heerlikheid gekom, maar die bediening waardeur die mense vrygespreek word, oortref dit verreweg in heerlikheid. Ons kan sê dat die heerlikheid van vroeër nie te vergelyk is met die alles oortreffende heerlikheid van nou nie. As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter. Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons met groot vrymoedigheid op. Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die bediening van die dood, wat met letters op klippe gegraveer is, met soveel heerlikheid tot stand gekom het dat die kinders van Israel nie stip na die aangesig van Moses kon kyk nie, weens die glans op sy gesig, wat tog aan die verbygaan was – hoeveel te meer sal die bediening van die Gees nie in heerlikheid wees nie? Want as daar heerlikheid was in die bediening wat lei tot veroordeling, soveel oorvloediger in heerlikheid is die bediening wat lei tot regverdiging! Trouens, wat verheerlik was, is eintlik in hierdie opsig geen verheerliking nie, weens dié allesoortreffende heerlikheid. Want as dit wat vergaan, met heerlikheid beklee was, het die blywende veel groter heerlikheid. Terwyl ons dan so 'n hoop het, tree ons op met groot vrymoedigheid – nie soos Moses, wat 'n sluier oor sy gesig getrek het, sodat die kinders van Israel nie die einde van dit wat aan die vergaan was, kon aanskou nie.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as die bediening van die dood, geskrywe en in klippe gegraveer, heerlik was, sodat die kinders van Israel die aangesig van Moses nie vas kon aanskou ter wille van die heerlikheid van sy aangesig nie; watter heerlikheid tot niet gemaak moes word: Hoe sal die bediening van die gees nie eerder heerlik wees nie? Want as die bediening van die veroordeling heerlikheid is, veel meer oortref die bediening van die geregtigheid in heerlikheid. Want selfs dit wat heerlik gemaak is, het in hierdie opsig geen eer gehad nie, vanweë die heerlikheid wat voortreflik is. Want as dit wat tot niet gemaak is, heerlik was, veel meer is dit wat oorbly, heerlik. Aangesien ons dan so 'n hoop het, gebruik ons 'n groot duidelike spraak: En nie soos Moses wat 'n sluier oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie vas kon kyk na die einde van wat afgeskaf is nie.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Die Boodskap (DB)
Julle weet mos dat al Moses se wette op klip uitgekap is. Toe hy dit daar op die berg ontvang het, het sy gesig so helder geblink dat die Israeliete hom nie in die oë kon kyk nie. Na ’n rukkie het die glans egter van sy gesig verdwyn. Hierdie wonderlike tydperk van die wet het nie daarin geslaag om mense by die ware lewe uit te bring nie. Maar dit was nogtans ’n ongelooflike tyd. Dink dan net hoe groot hierdie nuwe era van die Heilige Gees is. Daardie vorige era waarin die wet mense oor hulle sondes veroordeel het, was regtig ryk aan glorie. Wat sal ons dan sê oor die nuwe era waarin ons nou leef? Ons het nie genoeg woorde om dit mee te beskryf nie. Dit skitter absoluut met God se heerlikheid. Ons leef nou in die tyd waarin God mense uit sy goedheid van hulle sondes vryspreek omdat hulle in Hom glo. Die glans van die ou era is niks in vergelyking met hierdie nuwe tyd nie. Ek kan dit nie genoeg sê nie: as die era van die wet, wat natuurlik nou agter die rug is, met soveel glans gepaardgegaan het, hoeveel te meer sal hierdie nuwe era, wat vir altyd aanhou, met heerlikheid skitter! Omdat ek weet dat ek ook deel is van die splinternuwe era van die Heilige Gees, die era wat vir altyd sal aanhou, kry niks my onder nie. Gelukkig hoef ek nie soos Moses ’n sluier oor my gesig te trek nie. Julle onthou mos dat hy ’n sluier oor sy gesig gesit het sodat die Israeliete nie kon sien hoe die glans op sy gesig verdwyn nadat hy die wet ontvang het nie.
2 KORINTIËRS 3:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As die bediening wat tot die dood lei, en wat met letters in klip gegraveer is, soveel heerlikheid gehad het – al sou dit gou weer verdwyn – dat die kinders van Israel as gevolg van die glans op Moses se gesig nie daarna kon bly kyk nie, hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening deur die Gees dan nie wees nie? As die bediening wat oordeel meebring, dan met heerlikheid gepaardgaan, soveel te meer oortref die bediening van die vryspraak dit in heerlikheid. Want wat vroeër verheerlik was, verdof totaal wanneer dit vergelyk word met die allesoortreffende huidige heerlikheid. As die bediening van die ou verbond wat eintlik net tydelik was, gestraal het van heerlikheid, hoeveel meer sal die altyd blywende bediening van die nuwe verbond nie skitter van heerlikheid nie! Terwyl ons só ’n verwagting koester, doen ons ons werk met groot vrymoedigheid. Ons is ook nie soos Moses wat sy gesig versluier het om te verhinder dat die volk Israel sou sien dat die ligglans net tydelik was nie.